Vonkelvrou

Print
17
Jan

Gesondheidsopvoeding

GESONDHEIDSOPVOEDING

MAAK DIE VOLGENDE VERSKILLE WEEK VIR WEEK

Uitdaging 1

Doen ten minste 5 keer ‘n week aerobiese oefeninge vir 45 – 60 min

                             

Uitdaging 2

Skakel alle tabakprodukte soos sigarette uit

Uitdaging 3

Eet ten minste 5 porsies vrugte en groente per dag en sluit net hoë vesel voedsel en graan daarby in

Uitdaging 4

Skakel alle eenvoudige suiker uit soos gaskoeldrank en gemorskos

Uitdaging 5

Beoefen stres beheer tegnieke. Bou ook ‘n sterk sosiale ondersteunings groep

Uitdaging 6

Beperk alkohol tot nie meer as een glas vir vroue en twee glasse vir mans per dag. Geen suiker drankies.

Uitdaging 7

Neem elke dag ekstra tree. Stop die kar verder van die winkel af of gaan stap ‘n draai met jou hond.

Uitdaging 8

Lees ‘n boek, begin skryf of gaan teater toe.

Uitdaging 9

Balanseer werk, sosiale en persoonlike tyd.

Uitdaging 10

Kry minstens 7-9 ure se slaap elke aand.

Om die regte gesondheid te bereik moet jy aan al 7 demensies werk.

  1. Jou fisiese demensie  kan jy verbeter deur: beter eet gewoontes te be-oefen – geen gemorskos of geproseseerde kos nie. Kry genoeg slaap. Bly op hoogte van jou fisiese statistiek deur gereeld die dokter te besoek of self te toets. Moet nie medikasie misbruik nie en kyk na jouself as jy siek is en laastens is natuurlik om te oefen.
  2. Jou  intellektuele demensie behels die gebruik van jou verstand deur voortdurende jou kennis uit te brei deur byvoorbeeld te lees, te skryf of om op hoogte te bly van aktuele sake.
  3. Jou emosionele demensie is jou vermoë om te lag, die lewe te geniet, om aan te pas met verandering, om jou stres te hanteer en om intieme verhoudings te handhaaf. Wees optimisties; glo dat goeie goed sal gebeur en jy kan maak dat dit gebeur.
  4. Jou sosiale demensie is die vermoë om met ander oor die weg te kom en om die uniekheid van elkeen te aanvaar. Goeie vriende, goeie familie bande en gemeenskapsbetrokenheid is ‘n goeie plek om te begin.
  5. Jou geestelike demensie behels jou personlike soeke vir betekenis en verwysings in die lewe
  6. Jou beroeps demensie behels die tevredenheid met jou werk.
  7. En laastens jou omgewings demensie van gesondheid behels die bewaring van natuurlike hulpbronne en die bewaring van plante en diere.

Om te kan groei in jou gesondheid moet jy, jouself kan assesseer.

Met die regte kennis, vaardighede en beplanning kan jy al jou gesondheids doelwitte bereik.

Vir meer inligting of enige vrae kontak Noline van Niekerk by 084 528 9708 of email nolinegrobler@hotmail.com