Vonkelvrou

Print
10
Nov

BAK EN BROU VIR KERSTYD

Top resepte vir Kerstyd

Die kersliggies is al in die vensters,versierings op die deure- sou n besoeker van n ander planeet ons besoek , sal hy moontlik dink ons aanbid die gode van geld en geskenke.Kersfees het een groot resies geword om die regte geskenk onder die boom te kry.

Tog is ek egter oortuig daarvan dat agter al hierdie beplanning ,inkopies en gejaag om Kersfees, daar werklik ‘n ware boodskap van liefde,hoop en geluk is. Dat ons steeds die vermoe het om verby al die gejaag te kyk en Kerstyd te geniet  vi wat dit werlik is.

Is jy al gereed vir Kersfees,is jou koekblikke vol koekies en staan die vrugtekoeke al in die spens?

Ons het n hele paar bobaas resepte beskikbaar by die kantoor spesiaal vir Kerstyd- die heerlikste koekies en vrugtekoeke, net soos Ouma dit gedoen het in die goeie  ou dae.