Vonkelvrou

Print
27
Oct

GUNSTELING-DISSE

Die volgende 2 weke gesels ons oor gunstelingdisse - eenkeer 'n wennerdis, alktyd 'n wennerdis!

EK deel met jou 'n wonderlike nagereg vir enige geleentheid, van Kersfees tot sommer net lekker saamkuier.  Beproef dit gerus, dis nie moeilik nie en kan lank voor die tyd berei word.

Hierdie cassata bevat baie eierwitte en is dus nie so ryk soos normaalweg nie.

CASSATA

 6 eierwitte, by kamertemperatuur, 125 ml strooisuiker, 500 ml room, 250 ml gekapte neute of grondboon-sprinkelneute, 400 ml gemengde droevrugte soos glanskersies, neute, sultannas of koekmengseldroevrugte.

Voer 'n broodpan, ringpan of 'n interessante vrieshouer met volume van 1.75 liter met kleefplastiek uit.  Klits die eiewitte in droe, vetvrye mengbak tot skuimering.  Klits helfte van strooisuiker geleidelik by en klits tot punte vorms.  Hou eenkant.  Klits room en oorblywende helfte strooisuiker in ander mengbak saam tot styf.  Vou room liggies met metaallepel by eierwitte.  Vou neute en droe vrugte by.  Plaas glanskersies, neute of droevrugte op die bodem van jou houer.  Skep cassata mengsel bo-op en maak gelyk.  Bevries tot hard.  Haal die cassata 'n rukkie voor  bedieniung uit die  vrieskas, keer uit op mooi opdienbord, verwyder kleefplastiek.  Strooi neute onder om die rand van cassata sodat dit mooi afgewerk lyk.  Sny in skyfies en dien op saam met 'n lekker roomyssous.

Bedek die cassata wat oorbly met kleefplastiek en bewaar in vrieskas tot benodig.

HEERLIK!!

 Volgende week meer smaaklike en maklike gunstelingresepte!

Mooi bly!

ESTELLE