Vonkelvrou

Print
01
Oct

HOEKOM LAAT VROUENS TOE DAT MANS OOR HULLE LOOP

Dis die vraag wat ons as vroue baie keer onsself afvra:  hoekom laat ons toe dat ander mense, en spesifiek ons mans, oor ons loop?

Dr Tessa van Wyjk som dit soos volg op:

Nog 'n vraag: wat is daar in ons vrouens dat ons nnie selfgeldend kan optree nie?  Volgens oorlewering is die vrou die onderdrukte een en ja en amen op alles se.  Die vrou is 'n sekssimbool - kyk bv in cowboy films, of die vrou is 'n regte hardekwas en duld niks van haar man nie. 

Alles die verkeerde persepsie wat van geslag tot geslag oorgedra word. DIe individu en vrouwees het erens tussen GOD se skepping en die samelewing verlore geraak. 

Hoekom probeer mans die vrou domineer?  Omdat hulle dikwels minderwaardig voel, oupa en pa hulle vrouens sleg behandel het en dit is die voorbeeld wat hy gekry het; soms om die vrou "op haar plek te sit", baie mans kan ontman voel a g v  afleggings by die werk of wanneer hulle besigheid misluk het.  Narscissime, wanneer die man as kind mishandel is, is ook dikwels 'n rede.

Wat wil ons as vroue eintlik vir mans se?  Sien ons raak,  onthou ons is vroue en hou nie altyd van rugby, 4 x 4 of aksieflieks nie.  Ons is sag en liefdevol, ons wil onafhanklik wees, ons persoonlikheid ontwikkel en in ons loopbane groei.  Ons wil ook gekoester word.

Wat wil ons vroue vir onsself se?  Hou op dat mense, ook jou eie man, oor jou loop.  Maak 'n bydrae, jy is baie meer waardevol as wat jy dink.  Wees onafhanklik en nie pateties nie en gee jou man die respek en eer wat hy verdien.

Geniet jou vrouwees.

Dr Tessa van Wyjk se kontaknr is 082 804 9886.

Mooi bly

ESTELLE