Vonkelvrou

Print
01
Oct

LEKKER TUISKOS

Niks is lekkerder as bekende, smaaklike tuiskos.  Regte egte huiskos.  Probeer gerus hiedie frikkadelpastei vir 'n variasie op hgewone firkkadelletjies.

FRIKKADELLE

 750 g maalvleis, half pakkie uiesoppoeier, 50 ml tamatiesous, 1 eier, 25 ml water, 1 ml gemenge kruie

KORS

 375 ml koekmeel, 7 ml bakpoeier, 5 ml sout, 4 eiers, 375 ml melk, 50 ml gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180 C.  Smeer 'n vlakkerige oondvaste bak.  Meng al die bestanddele vir frikkadelle, maak balletjies en plaas in oondbak.  Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Klits die eiers tot skuimerig en klits dan melk en botter by.  Voeg meelmengsel by eiermengsel en klits tot glad.  Gooi beslag oor firkkadelletjies en bak pastei 50 - 60 min tot goudbruin.  Dien op saam met sous.

Lekker kook.

ESTELLE