Vonkelvrou

Print
18
Aug

DEPT MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING

Maatskaplike Werkers, Ronel Hefer en Ouma Makokwe was vandag my ateljeegaste.  Ons het weer gesels oor kinders en die groot rol wat opvoeding in ouerhuise speel.

Daar is ook gekyk na die gebruik van dwels, die kort- en langtermyn effek en die behandeling en rehabilitering van dwelmgebruikers.

Dis jou as ouer plig om jou kinders op te voed en reg te leer.  Onthou daar is 'n baie dun grenslyn tussen aanranding en tugtiging.  Tug jou kinders, ontneem hulle van voorregte bv selfone of TV, maar moenie jou kinders aanrand in die tugtigingsproses nie.  Kyk na jou kind se gedrag en optrede, neem sy pseroonlikheid in ag en dissiplineer hom daarvolgens.

Indien jy enige raad of hulp verlang, kontak vir Ronel Hefer 079 874 1409.  Jy kan ook die Departement Maatskaplike Ontwikkeling kontak - 018 632 1010/3022.  Hulle kantore word gehuisves in die Ou Elgro Hotel Lichtenburg.

Maak jou kind verantwoordelik groot en gee onvoorwaardelike liefde.

ESTELLE