Print
02
Sep

Lente !

Tuinvriende, maak seker met hierdie laaste koue (hopelik) dat julle nie te vroeg begin natmaak nie. As die lug nog te koud is , sal jou plante doodryp as jy veral voor sonop natmaak . Kyk of jou besproeiing nie te vroeg gestel is nie. Ons het geleer dat die son die plante verder brand as dit die ys smelt op die plante , so ons is geleer om die ys af te spuit sodra die son uitkom . Maar maak seker dit is nie so koud dat die water weer ys op die plante nie. Na 12 uur moet jy ook eerder nie natmaak nie , sodat die water kan afdroog voor die nag se koue .

As die lente nou mooi hier is , sal ons missie wees om so veel moontlik kompos in ons tuine in te werk as voeding vir die grasperk en beddings. Jy kan ook kunsmis en/of ou kraalmis inwerk - maak net seker jy maak goed nat sodat jou plante nie brand nie. Gebruik eerder stadigvrystellende kunsmis. Sny jou grasperk lekker kort as hy te dik begin raak voor jy mis toedien .

Osteospermums is nou volop te koop by ons tuinsentrums. Hierdie helder madeliefblomme is n fees in die tuin en is vroeglente oortrek van blomme in helder kleure. Daar is baie verskillende kleure , maar die gewone pers en geel is die ywerigste groeiers en vorm n mooi bos. Hulle kos effe meer as 6 saailinge , maar is meerjarig en dek n groot area. Probeer hulle gerus !!

Stuur vir my vrae of voorstelle by zelda@zeseiendomme.co.za of gesels sommer net lekker !