Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
16
Apr

HEERIKE KERRIEKOS (SLOT)

on Tuesday, 16 April 2013 15:50.

Vandag het ons aangegaan met laasweek se program oor heerlike kerriekos.  Die temperature begin daal en 'n heerlike kerriegereg is regte, egte trooskos.  Moenie vergeet van die heerlike bygeregte wat jy saam kan voorsit nie.  Ek sit verkieslik ietsie soet saam met kerrie voor, soos heerlike pampoen of 'n maklike piesangslaai.  Wat van outydse soet ertjies of heerlike patats!!  Die keuse is joune. Moenie vashaak by rys as bygereg nie, wat van saggekookte stampmielies of pasta van jou keuse. Maak dit 'n smaakondervinding en beproeg verskillende opsies.

As jy miskien pampoen op 'n ander manier wil voorsit, kan jy 'n pampoenrol probeer.  Berei die pampoen soos gewoonlik, dan maak jy die volgende deeg:

500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 5 ml sout, 125 ml botter, 2 eiers, bietjie melk, appelkooskonfyt. 

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Vryf die botter in meelmengsel.  Voeg die eiers by en net genoeg melk om stywe deeg te vorm.  Rol deeg op meelbestrooide oppervlak in 'n reghoek. Smeer die koue pampoenmengsel bo-oor en stip met appelkooskonfyt.  Rol op soos rolkoek, sny in 4 - 5 mm skywe en pak in oondvaste bak.  Kook die volgende sousbestanddele saam, gooi bo-oor skywe en bak 1 uur by 180 C.  Sous:  375 ml kookwater, 250 ml suiker, 25 ml botter, bietjie gemaalde neutmuskaat (kaneel is ook 'n opsie).

Geniet dit!

Tot volgende keer: mooi bly

ESTELLE

 

 

Print
15
Apr

VERTROU GOD VIR JOU DAG VAN MORE

on Monday, 15 April 2013 14:50.

Dis vir my 'n groot voorreg om weer met jou te gesels.  Vandag se VONKELVROU VOLKOME MENS het gehandel oor die manier hoe GOD in mense se lewens ingryp.  Jy voel dalk vandag alleen en eensaam en dink niemand dink aan jou nie, maar jy is nie alleen nie.  GOD het jou beplan en is saam met met jou elke tree wat jy op jou lewenpad mag gee.  Soms voel dit nie so. EK wil vir jou kortliks vertel van Edith Piaf.

Sy is op 19 Desember 1915 gebore. Sy is vernoem na 'n Britse verpleegster wat voor 'n vuurpeleton doodgeskiet is omrede sy Geallieerde soldate help vlug het.  Edith se ma was 'n prostituut wat haar by haar ouma gelos het na geboorte.  Haar pa het haar eindelik opgespoor na 'n baie lang soektog.

Op 33 het Edith blind geword.  Baie het vir haar gebid en sy het haar sig herwin.  Sy het nooit moedeloos geword nie, ondanks talle terugslae.  Sy is onskuldig van moord aangekla, het haar enigste kind aan die dood afgestaan en die man wat sy innig liefgehad het, is in 'n vliegtuigongeluk dood.  Ten spyte van alles het sy haar volk se moreel help hoog hou in die 2de Wereldoorlog.  Sy het deur haar musiek, die talent wat die Here vir haar gegee het, inspirasie en hoop gebring.  Daar is oor haar gese: "As die sade in die grond in pragtige rose verander, wat sal nie van hierdie mens worde op pad na die hemel nie."

Onthou, moed laat jou blom waar jy geplant is.

(uit Stories wat jou lewe kan verander - Ewald van Rensburg)

Mooi bly en hou moed!

ESTELLE 

 

Print
13
Apr

VOORUITSKOUING MAANDAG 15 APRIL 2013

on Saturday, 13 April 2013 15:18.

Maandag 15 April 2013 gaan ek weereens kyk na getuienisse van mense wat in ondenkbare situasies was en bonatuurlik daaruit gekom het.  Maak seker dat jy Maandagoggend om 09.00 ingeskakel is op 92.6fm. 

Ek nooi jou ook uit om jou getuienis met my te deel.  Heel moontlik is daar iemand wat nodig het om te hoor wat jy beleef het, wat sal besef daar is hulp, selfs in die onmoontlikste omstandighede.

Mooi bly tot ons weer gesels

ESTELLE

 

Print
12
Apr

GESPREK MET STASIEBESTUURDER GEORGE VISSER

on Friday, 12 April 2013 20:57.

My gas in die ateljee vandag was George Visser, LICHVAAL STEREO se stasiebestuurder.

Heel dikwels is die luisteraar bekend met die stem en selfs die gesig, maar die mens bly 'n misterie.  Ons het gesels van George se grootword-dae in Durban tot waar hy vandag is, die pad wat die lewe met hom gestap het.  Wat vir my baie duidelik uitgestaan het, was sy passie om 'n positiewe verskil  in die lewens van die mense waarmee hy te doen kry te maak.  Sy opinies van dinge is reguit en op die man af, sonder doekies omdraai, en sy liefde vir sy kinders en kleinkinders is opreg en uit die hart.  George se groot kosliefde is hamburgers (verkieslik MacDonalds), en hy is mal oor lekker koffie.  Daarby is hy 'n BAIE GROOT  C H E E T A H-ondersteuner, of hulle wen of verloor, maak nie saak nie.

Die boodskap wat George by almal wil laat, is vergeet van gister, leef vir vandag en omhels more.  Maak 'n verskil waar jy is en doen dit wat jy doen na die beste van jou vermoe.  Verseker iets om na te streef.

Ek hoop dat hierdie boodskap jou positief sal inspireer om ook 'n verskil te maak.

Tot volgende keer

Mooi bly

ESTELLE

 

Print
11
Apr

PROGRAM VRYDAG 12 APRIL 2013

on Thursday, 11 April 2013 15:15.

Vrydag 12 April 2013 is Lichvaal Stereo se stasiebestuurder, George Visser my gas.  Leer ken die mens agter die stem.

Maak seker jy luister.

 

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload