Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
01
May

DIE MONSTER VAN NARSISSIME

on Wednesday, 01 May 2013 17:06.

Die omskrywing wat die HAT-woordeboek vir narsissisme gee is "sieklike liefde vir self."

Dr Tessa Van Wyk het ons vandag 'n kykie in die lewe van die narsissis gegee.  Hulle is baie selfgesentreerd en werk baie hard om perfek voor te kom.  Enige persoon wat hulle perfekte beeld wil bereig word gediskrediteer, vernietig, verlaag en wegstoot.   Hulle is baie toegewyd en styg omtrent in enige iets wat hulle doen, uit.  Hulle skep 'n valse beeld van die self.

Johan Kotze, die sg Modimolle Monster, kan as 'n narsissis beskou word.  Jy is dalk in 'n huwelik vasgevang waar fisiese en emosionele mishandeling aan die orde van die dag is.  Jy mag geen foute maak nie en word subtiel afgekraak.  Jy is net nie goed genoeg nie, jy is niks sonder hom nie en kan niks op jou eie regkry nie.  In die publiek hou hy by die sosiale standaarde want hy het 'n beeld om voor te hou.  Hulle lewe 'n leuen, en as eggenoot vind jy jouself  in hierdie spel vasgevang.  Volgens die medici kan hierdie onredelike optrede  dui op 'n breinwanfunksie.  Dwelms en drank sal dit natuurlik vererger.  Daar is ook verskillende grade van narsissime.

Wil jy uit hierdie huwelik vrykom, sal jy baie subtiel en versigtig jou planne moet maak.  Sorg vir genoeg finansies, 'n veilige hawe vir jou en jou kinders en moet nie bekend maak waar jy heen wil gaan nie.  Wetenskaplike  bewyse is daar dat iemand met hierdie probleem (narsissisme) glad nie of uiters selde, kan verander.

Jy wil dalk graag met iemand hieroor gesels, en dr Tessa  van Wyk wag vir jou.  Haar kontaknr is 082 804 9886.  Haar epos adres is doctessa@gmail.com.

Liefde en sterkte

ESTELLE

Print
30
Apr

SOETGENOTJIES EN TROOSKOS

on Tuesday, 30 April 2013 19:44.

Wat sal van ons word in die winter as ons nie lekker, ryk en soms stroopsoet, trooskos het nie.  Daardie heerlike soppe en bredies en nageregte wat so perfek by die winterkoue pas! 

Sit jy dalk met kapokaartappels wat van gisteraand se ete oorgebly het?  Maak heerlke krokette daarmee of verwerk dit in heerlike hamkoekies.  Vandag se resepte is by LICHVAAL STEREO
se kantore beskikbaar teen slegs R1.00 per afskrif. 

Na aanleiding van navrae, deel ek met jou die volgende resep:

MAKLIKE CREMORATERT

  250 gr Cremorapoeier, 1/2 k kookwater, 1 blik kondensmelk, Tennisbeskuitjies, 1/4 - 1/2 kop suurlemoensap en botter.

Maak tertkors met fyngemaakte beskuitjies en botter.  Voer tertpan daarmee uit.  Meng Cremora en kookwater, plaas in yaskas tot styf.  Meng kondensmelk en suurlemoensap en voeg by Cremora. Plaas weer in yskas vir ongeveer 30 min.  Gooi in voorbereide tertkors en verkoel goed.  Versier met Pepermint Crisp sjokolade en room of fyngemaakte beskuitjiekrummels. Geniet!!

Lekker eet!

ESTELLE

   

Print
29
Apr

HOE GROOT IS U

on Monday, 29 April 2013 14:38.

Besef jy HOE spesiaal jy vir GOD is? Jou hele menswees en samestelling is met die suiwerste liefde en tot in die kleinste besonderhede beplan. Lees Ps 139 indien jy my stelling betwyfel. In Karen Kingsbury se boek WONDERWERKE - vertel sy van Penny Hathawy wat 'n buite-egtelike baba gehad het wat sy vir aanneming beskikbaar gestel het. Jare van skuldgevoel en selfverwyt het gevolg, en op die ouderdom van 20 jaar het haar seun met haar kontak gemaak. Hy was baie dankbaar teenoor haar dat sy hom laat aanneem het, was besig om vir mediese dokter te studeer met 'n groot liefde vir die kunste, net soos sy biologiese ma. Haar drome vir haar seun het waar geword. Dalk sit jy met skuldgevoelens oor besluite wat jy vroeer in jou lewe gemaak het waarmee jy nie vrede het nie. Jy kan niks daaraan verander nie. Vergewe jouself, omhels die feit dat jy hierdie oomblik het om sake reg te stel - dalk verskoning of vergifnis moet vra waar nodig - en positief na die toekoms te kyk. Begin GOD vertrou om jou op hierdie pad te lei. Hou die volgende in gedagte: EK GLO IN DIE SON AL KOM DIT LAAT OP EK GLO IN LIEFDE AL IS DIT AFWESIG EK GLO IN GOD AL BLY HY STIL Hierdie skrywe is op 'n muur in 'n vervalle huis na die 2de Wereldoorlog gevind. Bly GLO, jy, Wonderwerk van GOD!! Wees geseend ESTELLE
Print
26
Apr

ORGAANSKENKING

on Friday, 26 April 2013 17:51.

Vandag se program het gehandel oor orgaanskenking.  My gaste was Elize van den Berg, Weefselkoordineerde van Viljoenskroon en Esme de Beer, die bestuurder van die Noord-Wes Dialisesentrum in Klerksdorp.  Die program gaan ek opsom soos volg:

LEWENSLANGE DROOM - deur Robert N. Test

Die dag sal kom dat my liggaam rus op 'n wit laken, netjies onder die vier hoeke van 'n matras ingevou, iewers in 'n hospitaal waar hulle druk besig is met lewendes en sterwendes.  Op een of ander tydstip sal 'n dokter vasstel dat my brein opgehou funksioneer en my lewe wesenlik tot 'n einde gekom het.

Moenie dan kunsmatige lewe met behulp van 'n masjien in my liggaam probeer inblaas nie.  En moenie daarvan praat as my sterfbed nie.  Laat dit eerder die BED VAN LEWE genoem word en laat my liggaam daaruit geneem word om ander te help om 'n voller lewe te lei.

Skenk my oe vir die man wat nog nooit 'n sonopkoms, 'n baba se gesiggie, of die liefde in 'n vrou se oe gesien het nie.  Gee my hart aan iemand wie se eie hart nog nooit iets anders as eindelose, pynvervulde dae veroorsaak het nie.  Gee my bloed aan die tiener wat uit sy motorwrak gelig is sodat hy kan leef om sy kleinkinders te sien speel.

Gee my niere aan iemand wie se lewe week tot week van 'n masjien afhanklik is.  Neem my beendere, elke spier, elke vesel en senuwee en vind uit hoe om 'n kreupel kind weer te laat loop.

Ondersoek elke hoekie van my brein.  Neem my selle as dit moet en laat hulle groei sodat 'n stom seun eendag sal uitroep wanneer die bal teen die kolf klap en 'n dowe dogtertjie die geluid van reen teen haar venster kan hoor.

Verbrand die res van my en strooi die as in die wind sodat dit blomme kan help groei.  As jy iets moet begrawe, laat dit my foute, my swakhede en alle vooroordeel teenoor my medemens wees.

Gee my sondes aan die duiwel, gee my siel aan God.  As jy my wil gedenk, doen dit met 'n goeie daad of 'n sagte woord teenoor iemand wat jou nodig het.  As jy alles sou doen waarvoor ek gevra het, sal ek vir ewig lewe.

Mooi bly

ESTELLE

 

 

Print
24
Apr

KRANKSINNIGE KRINGLOOP IN 'N HUWELIK (2)

on Wednesday, 24 April 2013 18:37.

In vandag se VONKELVROU het Dr Tessa van Wyk meer spesifiek met die manne gesels.  Wat is  vir die vrou belangrik? Wat verlang sy van haar man?  Hierdie behoeftes het niks met finansies te doen nie. 

Die hart van die vrou wil net bemin word, aanvaar word en raakgesien word.  Sy wil geborge en veilig voel.  Sy wil so nou en dan bederf word.  Dinge wat belangrik is in die huwelik kos nie noodwendig geld nie.  Net die idee dat huweliksmaats aan mekaar dink in die dag, genoeg omgee en die huwelik wil laat werk, dis wat belangrik is.  Heel dikwels koppel mens huweliksgeluk aan geld, maar werklike huweliksgeluk kos net aandag en liefde.  Fokus op jou man of jou vrou, gee aandag, kommunikeer sinvol, nie net oor die dag se probleme of die kinders nie.  Wend 'n daadwerklike poging aan om die beste in jou huweliksmaat na vore te bring, en dit gebeur slegs wanneer sy/hy geliefd voel en aanvaar word vir die persoon wat sy/hy is.  En manne, moenie aan stilstuipe ly en jou vrou straf wanneer julle oor iets verskil nie.  Kom tot 'n vergelyk en laat sy steeds veilig by jou voel, beskermd.  Vroue is 'n baie gevalle weerloos, daarom is die man fisies en emosioneel sterker as sy.  Jy as man is die beskermer, dis hoe GOD jou geskape het.

Of die manne hul vroue ooit sal verstaan, en omgekeerd, dit bly 'n ope vraag.  Die belangrikste is om mekaar onvoorwaardelik LIEF te he.

Mag jy die vreugde van opregte LIEFDE ervaar.

ESTELLE

 

 

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload