Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
27
May

GOD SE WONDERLIKE SKEPPING

on Monday, 27 May 2013 13:12.

Wanneer laas het jy jou net verlustig in die wonderlikhede van die Skepping?  Wanneer laas het jy net dankie gese vir dit dat jy elke dag sien en kan ervaar: dalk net 'n duif wat voor jou uitvlieg, of 'n mooi sonsondergang.  God het die hele skepping vir ons, sy kinders, gemaak.  Dink so oomblik na oor die volgende:

Het jy geweet die blouwalvis se geluid van 188 desibels kan tot 853 km ver gehoor word? 'n Muskiet het 47 tande?  'n Heuningby sterf as gevolg van honger en verweerde vlerke?  Het jy geweet 'n goudvis kan tot 20 jaar oud word, 'n kreef se bloed is blou en krokodille sluk klippe in sodat hullke dieper in die water kan wegsak?  Het jy geweet bome verlaag die omgewing se temperatuur deur die water wat uit die blare verdamp? Dat die mens se breinselle beter toegerus is as enige rekenaar wat nog ooit gemaak is, en dat jou breinselle die langste in jou liggaam leef?

Het jy geweet dat God jou wonderbaarlik geskape het, uniek, daar is nie nog iemand soos jy nie.  Lees Ps 139 en probeer verstaan HOE spesiaal jy is.

Baie seen aan jou, die kroon op God se skepping!!

ESTELLE

 

Print
25
May

KINDERS MOET BESKERM WORD

on Saturday, 25 May 2013 11:53.

Alle kinders het die reg om beskerm te word, aldus dr Stella Potgieter. Sy is tans navorsingsgenoot by die Fakulteit Teologie (Praktiese Teologie) aan die Noordwes Universiteit.  Die boek wat sy geskryf het is getiteld "KINDERS MOET BESKERM WORD".

Die vraag ontstaan hoe veilig is jou kind in sy omgewing.  'n Baie groot persentasie molestasies word gepleeg deur bekendes, iemand wat na aan die kind of die familie is.

Moenie vir bewyse van seksuele molestering wag nie.  Wanneer jou kind gedragsveranderinge openbaar, of eetafwykings kry of net ontaard in iemand wat jy nie ken nie, is dit dikwels te laat.

In Dr Stella se boek praat sy oor reels wat daar moet  wees en jou kind wat dit moet verstaan.  Gesinsreels behels o.a. die inkomtyd, die aanvaarbaarheid van die kuierplekke, ouderdomsgepaste vriende en maniere van aantrek in.  Jou kind moet liefs in 'n groep uitgaan saam met vriende wat hy/sy kan vetrou.  Jou dogter moet nie die vertrek alleen verlaat nie, ood nie drankies van iemand aanvaar wat reeds oopgemaak is nie.  Dis verkieslik dat sy haar eie koop en dit oppas.

Die vertrouensverhouding tussen ouer en kind is ook geweldig belangrik.  Daaraan moet gewerk word van kleityd af.  Jou kind moet jou kan vertrou in en met enige situasie.

Noodnommers moet ook duidelik sigbaar wees in tye van nood.  Praat met jou kind oor die seksuele sy van menswees, eerder as wat dit verkeerd op die internet of deur vriende oorgedra word.  Maak jou kind ook bewus van die gevare van internet en leer hom/haar om verantwoordelikj daarmee om te gaan.  EN baie belangrik: JY MOET DIE VOORBEELD STEL!!

Die boek van dr Stella Potgieter is beskikbaar by Petra  018 297 3986 of bestellings@gksa.co.za.

Kom ons wees lief vir ons kinders en pas hulle op.  Hulle is ons verantwoordelikheid.

Baie seen vir jou.

ESTELLE

 

 

 

Print
22
May

VERWOND DEUR WOORDE

on Wednesday, 22 May 2013 17:04.

Dr Tessa van Wyk het vandag weer met my gesels oor hoe hanteer mens die verwonding deur woorde.  In ons vorige program het sy die effek van seermaakwoorde aangeraak.  Die uiteinde van hierdie verwonding is dikwels depressie, eetversteurings, neiging tot selfdood, vrees, lae selfbeeld, te veel koop , ander mense nie vertrou nie, ens.

Niemand is onaangeraak deur seermaakwoorde nie, nie die persoon wat dit uiter nie en ook nie die ontvanger nie.  Mense tree dikwels kwetsend teenoor ander op om 'n eie seer weg te steek of om beter of hom/haarself te voel.  Dit is egter jou keuse hoe dit jou lewe gaan affekteer.  Gaan jy toelaat dat hierdie kwetsing die riglyn van jou lewe word, of gaan jy dit verwerp vir wat dit werd is.

Moenie dit jou eie maak nie.  Wanneer jy die ontvanger is van kwetsende woorde of beledigings, gaan ontleed dit en kyk of daar enige waarheid in steek.  Indien jy agterkom dat dit dalk waar kan wees of deels waar is, maak werk daarvan en verander waar dit nodig is.  As dit egter nie die waarheid oor jouself is nie, verwerp dit met die minagting wat dit verdien.  Jy gaan bepaal hoe mense jou gaan hanteer deur jou optrede.  Leer jouself ken en staan op vir jouself.  Is dit werklik belangrik wat ander mense van jou dink?  Is dit die moeite werd om jouself te kasty deur seermaakwoorde en aan minderwaardigheid te ly?

Stel jou eie perke en skeidslyne van dit wat jy in jou lewe gaan toelaat.  Verwerp negatiwiteit en omhels die mooi en die positiewe aspekte in jou lewe. Ontgin die goeie en saai liefde en aanvaarding.

Leef die liefde

ESTELLE

Print
21
May

ONS HOU BASAAR!

on Tuesday, 21 May 2013 20:01.

Basaartyd is kooptyd en eettyd, tyd om te kuier en nuwe kennisse te ontmoet.  Dis ook tyd om jou trefferresepte op die tafels uit te stal en dit ook met ander te deel.  As jy dalk huiwerig is om jou lekkerste en gunsteling familieresep met ander te deel, dan is dit ook reg so.  Ek het al gehoor van mense wat hulle resepte deel, maar 'n geheime bestanddeel word verswyg, so die resultaat gaan nie dieselfde wees nie.  Resepte is soos kinders: jy sal hulle deel, maar in die kern bly hulle jou eie.

Hier is basaarresepte wat jy met 'n geruste hart kan voorberei en kan geniet, maar jy kan dit ook deel!  Lekker basaar hou.

MAKLIKE SJOKOLADE FUDGE

 300 ml Ideal melk, 950 ml suiker, 100 ml kakaopoeier, 75 ml gouestroop, 60 gr botter, 10 ml vanieljegeursel.  Jy kan ook rum- of karamelgeursel gebruik.

Gooi die Ideal melk, suiker, kakaopoeier en gouestroop in 'n kastol en verhit STADIG saam met 'n klein bietjie sout. Roer die mengsel tot al die suiker opgelos is. Laat stadig prut en roer af en toe tot mengsel sagtebalstadium bereik het, ('n druppel van die mengsel sal 'n sagte balletjie vorm wanneer jy dit in bietjie yskoue water drup). Dit neem ongeveer 'n uur.  Voeg die botter en geursel by, haal mengsel van stoof af en klop met houtlepel tot dik en romerig.  Gooi in gesmeerde pan en laat afkoel.  Sny in blokkies.

SUIWELVRYE SAGOPOEDING

 1 liter vanieljegeur sojamelk, 250 ml sago, 1,5 ml fyn neutmuskaat, 1 kaneelstokkie, 250 ml suiker, 75 ml suiwelvrye margarien, 5 ml vanieljegeursel, 4 groot eiers, geskei, 85 ml gladde appelkooskonfyt

Verhit die melk tot net voor kookpunt en voeg sago, speserye en 2 ml sout by.  Laat prut vir 10 minute oor lae hitte tot sago deurskynend is.  Voeg 125 ml van die suiker, die margarien en die geursel by en meng goed.  Haal van stoof af en roer eiergele by en meng goed. Gooi in gesmeerde bakskottel en skep konfyt bo-oor.  Klop eierwitte styf  en klits die orige 125 ml suiker stadig by.  Smeer bo-oor appelkooskonfyt en bak ongeveer 40 min of tot gestol en mooi ligbruin.

Heerlik vir die huis en die basaartafel.

Mooi bly en lekker bak.

ESTELLE

 

 

 

Print
13
May

LIEFDE VIR JOU NAASTE

on Monday, 13 May 2013 16:53.

Dit gebeur soms dat daar van iemand gepraat word, of kom ons wees reguit, geskinder word en dit kom by die "iemand" uit. Ek vra myself die vraag af: is dit reg om van ander te praat, negatiewe dinge te versprei en mense seer te maak?  Ons se graag ons is Christene, maar wat is 'n christen? Dis iemand wat 'n navolger van Christus is, wat Hom gebruik as voorbeeld.  Het Christus Hom opgehou met kwaadpraatjies en geskinder? Ek glo nie.   Inteendeel, Hy het gese ons mekaar liefhe soos Christus die gemeente het.  Ons moet ons naaste liefdhe soos ons onself liefhet.  Het jy al gewonder hoe lief het jy jouself?  Dalk reageer baie mense dadelik en se jy hou nie eers van jouself nie, maar gaan staan voor die spieel: jou hare is gekam, jou tande geborsel, jy is geklee en gevoed.  Met ander woorde jy SORG vir jouself.  Sorg ons vir ons naaste?  Of verwond ons sover ons gaan?  Kyk ons dat hulle gevoed en geklee is, letterlik en figuurlik? Sien ons om na mekaar se seer en help met die genesing, of verwond ons verder?

Niemand van ons is onskuldig nie.  1 Kor 13 vertel ons van die liefde, hoe dit regtig moet wees.  Dit bedek, maak toe, versorg, is daar vir ander vertroos ne maak heel.  DIS die soort liefde wat ons moet openbaar.

Kom ons beywer ons om Jesus-liefde te betoon en te vergewe, vry te spreek en self vry te raak.  Dit is 'n keuse wat ons maak, net soos wat ons 'n keuse maak watter klere ons die dag gaan aantrek, of wat jy gaan eet.  Maak die keuse om liefde te lewe en die ander dinge sal vanself gebeur.

KIES vandag om daarna te streef om liefde te openbaar en genade te betoon.  Dis wat Jesus van ons vra.  EN kom ons BID vir mekaar op hierdie pad.

Baie seen en liefde vir jou

ESTELLE

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload