Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
04
Jun

GUNSTELING RESEPTE

on Tuesday, 04 June 2013 15:50.

Wanneer gunsteling resepte ter sprake kom, is dit feitlik 'n onbegonne taak om net een program daaroor te doen.  Dit is so uiteenlopend soos wat die mens self is.  Uniek en spesiaal.  Ek deel met jou hierdie gunsteling resep ...  dalk word dit een van jou gunstelinge ook!

SJOKOLADE-MENTBROODJIE

 190 ml sagte botter, 190 ml strooisuiker, 4 eiers, 5 ml vanielje/rumgeursel, 500 ml bruismeel, 45 ml kakao, bietjie soiut, 125 mlk melk, 2 groot Peppermint Crisp sjokoladestafies grof gekap.

Vir die versiersel: 125 ml dik room, 200 gr blok melksjokolade (jy kan die heelneut of die mint ook gebruik, maar moenie baksjokolade gebruik nie.)

Room  botter en strooisuiker baie goed. Klits eiers en geursel by en meng goed.  Sif bruismeel, kakao en sout saam, roer by bottermengsel.  Roer melk by en meng tot glad, roer nou sjokolade by en skep in broodpan wat met bakpapier uitgevoer is.  Bak 35 min by 180 gr of tot toetspen skoon uitkom.  Laat in pan afkoel en keer uit op draadrak en verkoel heeltemal.

Mikrogolf room en sjokolade in groot bak op 70 % krag tot sjokolade gesmelt is.  Roer gereeld.  Laat effens afkoek en smeer oor broodjie.  Versier soos verkies en laat stol.

Volgende week kyk ons na nog gunsteling resepte!

Lekker bak.

ESTELLE

Print
01
Jun

KOSBARE ONTHOU-OOMBLIKKE

on Saturday, 01 June 2013 17:56.

Onthou jy ... wat onthou jy?  Wanneer jy terug dink aan jou grootworddae, wat is jou duidelikste beeld of gebeurtenis?  Laat dit jou goed voel of kry jy 'n beklemming om jou hart?

WAT gaan jou KIND onthou wanneer hy groot is?  Wat plaas jy is sy skatkis van onthou?  Het jy geweet dat mense onbewustelik herinneringe al van moederskoot af het?  Wanneer 'n baba 'n traumatiese geboorte gehad het, kan dit 'n rol speel in sy volwasse lewe.  Jou kind begin van ongeveer 2 jaar bewustelik onthou.  Navorsers het gebind die vermoe om kinderherinneringe so goed vas te le dat jy dit as volwassene kan herroep, hang af van hoer goed vaardighede soos aandag, denke en taal baasgeraak kan word (Baba en Kleuter  Nov 2011).

Jou rol as ouer is uiters belangrik in jou kind se lewe.  Hoe gelukkig jou kind eendag gaan wees, hang baie af van wat in sy eerste 3 jaar gebeur se dr Pierre van der Spuy.  Herinneringe aan 'n positiewe verhouding tussen ouer en kind is gekoppel aan minder hartseer, bekommernis en rusteloosheid en 'n kleiner gevoel van waardeloosheid.  Die teendeel is ook baie waar: verwaarloos jou kind en die gevoel van minderwaardigheid, ongeliefd en stukkende menseverhoudings seevier.

Ek dink nie ouers besef die groot rol wat hulle in hul kinders se lewens speel nie.  Streef na 'n positiewe verhouding met jou kind, gee baie liefde en aandag, stimuleer jou kind om die beste in homself na vore te bring en wees vir hom 'n voorbeeld.

Ons kinders is aan ons geleen, kosbare geskenke uit God se hand.  Wees 'n waardige pappa en mamma, jou kind moet trots wees op jou en jy op hom.  En vra GOD se genade om hierdie geweldige taak suksesvol te kan voltooi.

Wees BAIE lief vir mekaar.

Print
30
May

HOERA!! VIR KRUIE!!

on Thursday, 30 May 2013 14:56.

Een van die grootste lekkerstes in die lewe is om jou eie kruietuin te he!  Die satisfaksie wat in die pluk van jou eie kruie en groente opgesluit le, is onbeskryflik.  Nog beter is wanneer jy iets met hierdie produkte van jou maak, by heerlike potpourrii, dit mooi verpak en as geskenk gee of dit in jou eie huis gebruik.

Jou eerste stap is om aromatiese kruie te plant.  Dink aan basiliekruid, bergamot, salie, laventel, kamille dan is daar marjolein en die groot verskeidenheid ment.  Jou plaaslike kwekery sal jou daarmee kan help.  Vind ook uit watter seisoen jy sekere kruie kan plant.  Jy weet dit dalk nie, maar kruie is maklike groeiers en beloon jou gul.  Vir heerlike aroma is daar ook nog die pynappelsalie, roosmaryn, sitroenverbena, viooltjies en rose.

Mag jy ook die wonder van die natuur in jou eie kruietuin ervaar!

ESTELLE

 

Print
29
May

TRAUMA EN VERLIES

on Wednesday, 29 May 2013 19:32.

Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog, het vandag met ons gedeel wat gebeur wanneer iemand 'n traumatiese insident beleef - die verlies wat ervaar word.  Hoe ervaar mens verlies en watter tipe verlies is ter sprake?

Verlies vanwee dood, egskeiding, aardse besittings is nie al maniere waarop verlies ervaar word nie. Werksverlies, verslawing, menswaardigheid, verlies aan selfrespek en ook die verlies van onskuld tydens en na 'n molestering.

Wanneer jy 'n verlies ervaar, voel dit soms jy sal nooit weer jouself kan wees nie.  Dit is nie waar nie.  Identifiseer jou verlies, erken wat met jou gebeur het en vra jouself watter leemte het hierdie verlies in jou gelaat.  Kyk na maniere om hierdie leemste konstruktief te vul, bv wat kan jy doen om jouself te versterk en op te bou en te vervul sonder jou eggenoot.  Laat gaan dit wat jy verloor het.  Jou konneksie met jou werklike self en God word herstel en so neem jy jou regmatige outoriteit in die lewe terug.

Mense wat na 'n verlies en na trauma kan aangaan is die mense wat:

kan self reflekteer, m a w hulle kyk na hulle eie emosionele pyn en erken dit;

gun hulself hospitaaltyd (genesing)

spoeg die pyn uit, m a w hulle raak ontslae van die seer deur daaroor te skryf of te praat;

hulle vind betekenis is hulle pyn en

gebruik die emosionele pyn om verder te groei.

Ek moedig jou aan om te werk aan jou genesingsproses.  Indien jy vir Dr Tessa van Wyk wil kontak, 082 804 9886.

Baie sterkte op jou genesingspad.

ESTELLE

 

Print
28
May

ONS HOU BASAAR (2)

on Tuesday, 28 May 2013 16:57.

Baie belangrik wanneer daar basaar of mark gehou word: kyk dat jou produkte mooi verpak of gebottel is en dat jou tafel aantreklik versier is.  Jy wil tog die kopers se oog vang, nie waar nie?

Hier is 'n treffer as dit kom by smaak en mooi vertoon:

VRUGTESLAAI-KONFYT

 250 gr gedroogde appelkose, 500 ml water, 250 ml ongedreineerde fyn pynappel, 125 ml vars lemoensap, 60 ml grenadellapulp, 660 gr suiker, 500 ml gesnyde piesangs.

Voeg die appelkose en water in bak.  Bedek en laat staan oornag.  Voeg die ongedreineerde appelkose in 'n groot kastrol, plaas deksel op en prut vir 15 minute. Voeg lemoensap en grenadellapulp by en laat opkook.  Verminder die hitte en prut met deksel vir 10 minute. Voeg suiker by, roer goed oor hitte sonder om te kook tot suiker opgelos is.  Voeg piesang by en kook onbedek, roer gereeld.  Kook ongeveer 20 minute of tot mengsel stol wanneer getoets word.  Laat staan vir 5 minute en bottel die konfyt in gesteriliseerde bottels.

Lekker kook!

ESTELLE

 

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload