Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
03
Jul

DIE TRAUMA VAN EPILEPSIE-LYER

on Wednesday, 03 July 2013 11:38.

Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog, het vandag gepraat oor die trauma van 'n epilepsielyer.

Epilepsie is 'n breinwanfunksie wat onbeheerbaar is, maar wat bestuur kan word met die geskikte medikasie.  Die algemene gevoelens wat 'n epilepsielyer ervaar is baie keer angs, vrees omdat hy nie weet wanneer die volgende toeval gaan plaasvind nie, 'n gevoel van minderwaardigheid, lae selfbeeld, gevoelens van isolasie en om nie aanvaarbaar te wees nie.

Die vrees om weer 'n aanval te kry kan sekere emosionele en gedragsprobleme veroorsaak.  In sekere kulture, en ook in die tyd van geweldige onkunde oor epilepsie, is daar gemeen dat dit 'n demoniese aanval is en letterlik gate in die lyer se skedel geboor om die demoon te laat uitkom. Vandag weet ons egter dis 'n mediese toestand en die lyer het geen beheer oor wat tydens 'n toeval gebeur nie.  Daar is gevalle aangeteken waar lyers in vuur geval het of ernstige brandwonde opgedoen het met kookwater.   Die lyer en sy familie moet hulle self bemagtig met die nodige kennis om te weet hoe om op te tree en wat om te doen tydens 'n toeval.

Baie belangrik vir die lyer is om nie homself te meet aan die siekte nie, maar om die siekte te aanvaar en te bestuur.  Die lyer moet homself nog steeds kan uitleef en sy talente gebruik en die lewe leef, ondanks die siekte.  Die epilepsielyer is geensins minder mens nie, en moet dit besef.

Vat jou lewe terug, bemagtig jouself en jou geliefdes met die nodige kennis en neem 'n wilsbesluit om die lewe vierkant in die oe te kyk en jou siekte te bestuur.

Indien jy vir Dr TESSA VAN WYK wil kontak, haar nommer is 0828049886.

Mooi bly

ESTELLE

Print
24
Jun

WAT DRA JOU DEUR 'N KRISIS?

on Monday, 24 June 2013 18:18.

 Om deur 'n krisis te gaan, is deel van die lewe.  Baie van ons kan identifiseer met 'n ander se swaarkry en leed.  Onwillekeurig vra ons die vraag: hoe kom ons deur hierdie krisis?  Partymaal voel mens lus om boedel oor te gee en wens jy kan net ophou bestaan.  Dis net menslik om so te voel.  Maar gelukkig het ons die sleutel tot heelwording en die krag om aan te gaan: JESUS.

Wat vir een persoon maklik is om te verwerk of te hanteer, is vir die volgende persoon nie noodwendig dieselfde nie. Leer uit jou krisis hoe om God te vertrou, hoe om te vergewe en hoe om die lewe weer vierkantig in die oe te kyk.  Onthou dat jy nog lewe, raak betrokke by ander, begin iets positiefs doen, al voel jy nie daarna nie. Leer weer lag, leer weer glo. Vra die Here, soos Dawid, om jou weer te leer lewe en vra Hom om jou uit jou krisis van die lewe te leer (Izak de Villiers).

Lees Ps 121: 4-5 en weet jy is nie alleen nie.

Liefde

ESTELLE

Print
12
Jun

TELEURSTELLING IN 'N VERHOUDING

on Wednesday, 12 June 2013 17:34.

Dr Tessa vabn Wyk het met ons vandag gepraat oor WAT DOEN TELEURSTELLING AAN 'N VERHOUDING.

Teleurstelling is om te misluk in die vervulling of die uitvoer van 'n verwagting of hoop wat daar gestel is, dit gaan baie saam met woede en frustrasie en maak jou baie keer kwaad vir jouself. Teleurstelling is dus nie soseer 'n gebeurtenis nie, maar eerder ons interpretasie van 'n gebeurtenis. Daar is verskillende tipes teleurstellings en die intensiteit van ervaring verskil ook.

Wanneer ons binne die konteks van 'n verhouding teleurstelling ervaar, begin ons kyk na baie ernstige emosionele pyn en verwarring, ontmoediging, bitterheid, woede, twyfel en vrees.  Die meeste van die tyd word teleurstelling persoonlik aangetrek, jy vind fout by jouself.  Teleurstelling kan ook verrykende en langblywende gevolge he, juis omrede ons verkeerde interpretasies maak.

Om teleurstelling te deel is om te leer om met ander mense en jou eie swakhede te deel. Jy moet buigbaarheid en geduld aanleer. Jy moet jou ingesteldheid verander en sodoende sal jou las van teleurstelling minder word.

Maak nie saak wat jy doen nie, jy gaan erens in jou lewe teleurstelling ervaar.  Moenie skuldig voel nie, verwelkom  uitdagings en fokus op probleemoplossing. Laat vaar die perfekte prentjie, dit bestaan nie.  Leer geduld en besef ons seeninge kom dikwels in die vorm van pyn, verlies en teleurstelling.

Kontak vir Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog: 082 804 9886

Mooi bly

ESTELLE

Print
12
Jun

GUNSTELING RESEPTE (2)

on Wednesday, 12 June 2013 17:19.

Vandag was ons laaste program oor ons gunsteling geregte.  Dit was baie moeilik om te kies maar ek vertrou dat my en Ari se keuses in die kol was.  Ek deel vandag met jou 'n heerlike soet bederf, nagereg wat verseker 'n wenner sal wees.

GEBAKTE PYNAPPELPOEDING

 STROOP:  12,5 ml mielieblom, 12,5 ml koue water, 375 ml kookwater 250 ml suiker, 60 ml botter, 1 ryp pynappel

BESLAG: 375 ml koekmeel, 125 ml suiker, 12,5 ml bakpoeier, bietjie sout, 1 eier, 125 ml melk, 125 gr botter gesmelt, 5 ml suurlemoensap.

Meng mielieblom en koue water, meng kookwater, suiker en botter in kastrolletjie.  Roer dir aangemaakte mielieblom geleidelik by en kook 5 min.  Skil pynappel en rasper.  Voeg by stroop en meng. Gooi helfte van sous in diep oondbak.  Sif koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam.  Klits eier en melk saam en klits dan botter en suurlemoensap by.  Voeg by meel en meng goed. Skep deeg in stroop in bak, moenie roer nie, Bak vir 45 by 180 gr.  Skep oorblywende sous bo-oor en bedien soos verkies. 

Lekker eet!

ESTELLE

Print
08
Jun

ORGAAN/WEEFSEKSKENKING - HOEKOM?

on Saturday, 08 June 2013 19:16.

Het jy ooit daaraan gedink dat jy, nadat jy dood is, die lewenskwaliteit van iemand kan verbeter en 'n nuwe kans op lewe kan gee? Natuurlik praat ek hier van orgaan- of weefselskenking. Dalk voel jy nou sommer lus om jou rekenaar af te sit want hierdie is nie 'n onderwerp waarin jy belangstel nie, maar wag eers!! Kom ons verander die scenario ... gestel een van jou geliefdes, of jy, word skielik baie siek en moet 'n hartoorplanting kry. Gestel jou kind, of een van jou ouers moet dringend 'n kornea kry. Wat van die baie rugoperasies wat uitgevoer word en daar van skenkerweefsel gebruik gemaak word. Gestel daar is 'n geskikte skenker wat kan help om jou of jou geliefde se lewe te red, maar hy weier, want hy stel nie belang in orgaanskenking nie ... Dit is verseker nie 'n aangename gedagte nie. Jy is op hierdie oomblik op daardie plek waar jy kan se ek wil graag 'n positiewe verandering in iemand se lewe bring. Wat word van jou liggaam wanneer jy afsterf? Nie 'n lekker gedagte nie, maar ons almal gaan vergaan. Veel eerder dan beskikbaar wees en jy leef voort in die ligaam en gedagte van ander mense, mense wat jou altyd dankbaar sal wees vir die gawe van oorlewing. Ek het besluit ek wil baie graag my organe skenk as iemand dit kan gebruik. Dit is my manier van liefde betoon aan my medemens al is ek die dag dood. Ek wil graag aan iemand die gawe van 'n beter lewe gee, dit sal vir my baie beteken. WAT VAN JOU? Die Sentrum vir Weefselskenking kan gekontak word d m v die volgende ko-ordineerder: Elize Scheepers, 082 4117 109, of jy kan vir haar 'n epos stuur elizevdb@telkomsa.net. Maak die regte besluit: wees 'n orgaanskenker. MOOI BLY ESTELLE

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload