Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
12
Aug

VROUEREGTE

on Monday, 12 August 2013 20:07.

Vrydag, 9 Augustus 2013 is Vrouedag.  Met dit ingedagte, praat Dr Tessa van Wyk vandag met ons oonr Vroueregte.

Wat is Vroueregte? Polities gesien is Vroueregte se definisie die poging om gelyke regte vir vrouens te verseker en om die geslagsdiskriminasie van die wet, institusies en gedragspatrone te verander.  Die Vroueregte-beweging het jare terug begin op aanvraag van sekere vroue vir die reg om te stem en vir dieselfde wetlike regte as mans.  Die regte soos respek in die werksplek, dieselfde salaris vir dieselfde werk en die reg om eiendom te besit.  Dit word ook verder geneem na die vrou se reg om haar gesin se grootte te beheer en self daaroor te besluit.

Oor die jare heen word daar verwys na die vrou as die swakker geslag.  Fisies is ons die swakker geslag, maar oor die jare heen is daar ingekoop in die leuen as die swakker geslag en dat jy as vrou nie regte het nie.  Die vrou moet altyd stilbly en haar man se mishandeling en haar verontregting hanteer.  Die vrou moet die man altyd tevrede stel en aan sy vereistes voldoen.  Dit het in baie gevalle daartoe gelei dat die vrou geen stem gehad het nie en net harder moes werk om sy goedkeuring te kry.

Baie vroue glo steeds so vandag maar baie vroue het daarteen begin opstaan.  Die vrou het 'n reg tot haar eie lewe en dit moet erken word.  Jy as vrou het die reg om vervuld te wees en God se plan vir jou uit te leef.  Jy MAG voluit lewe.  Jy MAG droom en besef God het 'n plan vir jou. Jy het bestaansreg, begin jouself waardeer en bederf jouself so af en toe.  Neem jou lewe terug en wees getrou aan jouself en aan God. Leef jou passie uit.

GENIET jou vrouwees.

Dr Tessa van Wyk se kontaknr is 082 804 9886.

Mooi bly

ESTELLE

Print
06
Aug

VLEIS! VLEIS! VLEIS!!

on Tuesday, 06 August 2013 16:54.

Wat sal ons bevolking sonder vleis doen? Suid-Afrikaners se vleistande is behoorlik ontwikkel en die volgende 2 Dinsdae word vleissake gesels.  Van bees tot hoender en maalvleis, skaapvleis, varkvleis en dan gooi ons sommer wildsvleis ook by.  'n Heerlike allegaartjie om na uit te sien. 

Vandag deel ek met jou 'n vinnige hoender-resep (hoe dan anders, dit is immers die nr 1 vleissoort wat aangekoop word!)

VINNIGE HOENDER-STROGANOFF (Ina Paarman)

 6 hoenderborsies in repies gesny, 15 ml selfgegeurde meel, 10 ml paprika, 1 klein ui, fyngekap, 30 ml olie, 15 ml botter, 30 ml brandewyn, 15 ml tamatiepasta, 125 ml suurroom

Roer hoenderrepies in meelmengsel waarby die paprika gevoeg is.  Voeg ui by en roerbraai in olie en botter tot effens gaar.  Skep hoendermengsel uit en hou eenkant.  Gooi die brandewyn in die pan en kook aanbrandstukkies los. Voeg tamatiepasta en suurroom by en skep hoendermengsel in die sous.  Herverhit, kook 'n rukkie saam en sit voor saam met noedels of rys of selfs koeskoes.  Bedien ook vars gestoomde groente of 'n bros slaai daarby. 

Dis 'n heerlike resep. 

Lekker smul!

ESTELLE

Print
31
Jul

PADWOEDE

on Wednesday, 31 July 2013 16:21.

Dr Tessa van Wyk deel met ons gedagtes en feite rondom padwoede.

Wat is padwoede?  Dit is 'n aggressiewe manier van motorbestuur.  Tipiese aggresiewe bestuur is onder andere onverskillig en te vinnig ry, op iemand se stert ry, roekeloos deur die verkeer vleg, padtekens ignoreer, anders bestuurders af sny en opsetlik stadig ry sodat niemand verby jou kan ry nie.  Padwoede is wanneer jy jou humeur verloor wanneer jy motor bestuur, vingers wys en ander se lewens in gevaar stel.

Die tipiese aggressiewe bestuurder is die persoon wat van spoed hou en dit negatief aanwend, narcissiste, kompeteerders en vigilantes (waaksames) - die stadige ryers.  Daar is ook vier vlakke van padwoede:

1ste vlak: 'n eenvoudige, eenmalige gebaar of vloekwoord;

2de vlak: herhaalde gebare saam met vloekwoorde wat geskree word

3de vlak: intimideer en konfronteer die ander bestuurder deur op sy stert te ry, die toeter te druk, ligte te flikker en/of van die pad te druk

4de vlak: om die bestuurder doelbewus seer te maak bv 'n wapen op hom te rig, of sy voertuig stamp of 'n ongeluk veroorsaak en hom aan te rand.

Vroue is meer geneig om te erken dat hulle aggressiewe bestuurders is, mans is meer geneig om deel te neem aan padwoede en aggressiewe bestuur.

Is daar wenke vir mense wat aan padwoede ly?  Berei jouself in jou gedagtes voor vir die pad.  Gee jouself genoeg tyd om by jou eindbestemming uit te kom, gee  ag op ander padgebruikers.  Onthou ook jou aksies op die pad skep 'n domino effek.  Luister rustige musiek, haal diep asem sodat daar genoeg suurstof in jou brein is.  Stop wanneer jy moeg is en moenie bestuur as jy honger is nie.  Maak die rit vir jouself aangenaam en bly kalm.

En moenie op jou selfoon praat terwyl jy bestuur nie.

Erken indien jy aan padwoede ly en neem mekaar in ag.

Dr Tessa van Wyk kan gekontak word by 082 804 9886.

Veilig ry.

ESTELLE

Print
31
Jul

PADWOEDE

on Wednesday, 31 July 2013 16:20.

30
Jul

AARBEIE EN AVOKOADOS

on Tuesday, 30 July 2013 19:34.

Aarbeie en avokados: twee van die wondervrugte wat ons kan geniet.  Beide is propvol vitamines en voedingstowwe. 

Maar bietjie meer oor avokodos: dit word deur wetenskaplikes beskryf as een van die natuur se superkosse, veral oor die voedingsdensiteit daarvan.  Dis propvol goeie mono-onversdadigde vette, baie vitamines, minerale en fito-chemikaliee.  Dis 'n uitstekende bron van vesel en proteien en gepak met anti-oksidante.  Jy kan gerus wegle aan die heerlike vrug:

Ons resep vir die week:

VIS MET AVOKADOROOM (Raakvat-resepte: Annette Human

 800 gr bevrore stokvisfilette (of ander ferm wit vis), sap van 1 suurlemoen, 5 mlk sout, bietjie swart peper, rooipeper, kaneel en gemaalde neutmuskaat, 15 ml botter, 15 ml sesamsaad.

AVOKADOROOM

 1 ryp avokado, 30 ml suurlemoensap, 30 ml room, 5 ml aangemaakte mosterd, paar druppels Tabascosoius, sout en peper na smaak

Verhit oond tot 180 C. Trek vel van vis en pak in oondvaste bak.  Druk suurlemoen bo-oor uit en geur met sout en speserye.  Stip vis met botter.  Bedek en bak vir 40 minute.  Verwyder bedekking en strooi sesamsaad oor.  Rooster 'n paar minute tot begin verbruin.

Skil avokado en verpulp vleis.  Klop suurlemoensap, room, mosterd en Tabasco-sous saam en voeg by.  Voeg avokadomoes by en meng goed.  Geur na smaak.  Sit koue avokodoroomsaam met warm vis voor.

Lekker kook en lekker eet!

ESTELLE

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload