Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
19
Oct

GOD KAN! DS ANTON KLEINGELD

on Monday, 19 October 2015 19:32.

TEMA:    Kan God?

ILLUSTRASIE – Koos vd Merwe – Besoek Drakensberge

Kom te naby aan die onbelemmerde prag, sy voet gly en Hy val... Op pad ondertoe gryp hy ‘n tak – kyk ondertoe – baie steil.

 

Arms begin moeg word, en hy skree verwoede.... – Kan iemand my help, HELP! HELP! – Enkele ure so aangegaan, net toe hy wil moed opgee hoor hy ‘n stem: Koos, Koos, kan jy my hoor?

 Ja, ek is hier onder

Ek kan jou sien ja, is jy ok?

Ja ek is, wie is jy?

Koos,ek is die HERE   - EK is ORALS

Help my asb HERE  - EK sal enigeiets doen as U my net HELP ASB?

Enigeiets koos? Ek wil he jy moet die tak waaraan jy hang los. Vertrou my!

Laaaaang stiltee...

Koos: HELP HELP, is daar iemand anders wat my kan HELP!

 

Hierdie verhaal vertel van die eeue – oue probleem by die mens en Israel – die onvermoe om God te vertrou / geloof in God te hê / op sy beloftes te staan /

 

 

Is ons nie ook so nie vriende? Ons roep tot die HERE vir hulp? Dan begin ons twyfel? EN ons wonder of God sal kan? En ons maak dan ons eie planne?

 

 

God is ALMAGTIG vriende, HY KAN ENIGIETS DOEN!

 

ALLE MAG BEHOORT AAN GOD!

 

1.      ONTHOU –

Een van die grootste foute wat Israel gemaak het is dat hulle God se werke vergeet het – Ons moet nooit die werke vd Herre vergeet nie vriende!!! Wat het hy al in die verlede gedoen – gister, ‘n maan tereug / dseisoen terug / Slot

Daar gaan altyd droogtes wees.

Daar gaan altyd rassespanning wees –

Hoe gaan ons as kinders van die HERE hierop reageer! Gaan ons ‘n God vashou wat wonders doen / wat sy krag aan die mens openbaar / ‘n God wat KAN vriende!

 

Kom ons vertrou die HERE – put uit sy krag uit! Vat Hom op sy Woord, moet nie twyfel wat GOD kan doen! Wat Hy doen vir ander doen Hy ook vir jou!

 

Print
19
Oct

BAK EN BROU MET HOENDER DEEL 2!!

on Monday, 19 October 2015 18:27.

Ek en  Ari het vandag weer baie lekker hoender  resepte uitgedeel.

Die volgende resepte is beskikbaar by die kantoor @ R1 per afskrif:

Kerrie hoender,Kerrie en rys in een pot,waterblommetjie hoender,hoender fillet met baie lekker souse,hoenderbroodjies,hoenderlewer op “toast”,kaas gevulde hoenderborsies,123 hoenderpastei,gebakte hoender met sampioene en sjerri e,Thaise kerriehoenderpastei met filokors,hoenderfillet met hoenderlewersous,hoenderpasta gereg en cordon bleu hoender.

Nooit gedink daar is so n groot verskeidenheid van  hoender resepte nie

 Volgende week gesels oor slaaie en slaaisouse.

As jy ook n interssante resep het ,deel dit graaag met my en Ari.  Email dit vir ons na vonkelvrou @lichvaalstereo.co.za of jy kan vir ons gedurende ons program skakel,tel:018 6320909

Groete tot volgende week!!!!

 

 

Print
07
Oct

REHABLITASIE EN BIOKINETIKA!

on Wednesday, 07 October 2015 12:13.

Ek het vandag met Nolene van Niekerk gesels oor Rehablistasie en Biokinetika.

Nolene het vir my die volgende vra beantwoord.

Wanneer het ek rehabilitasie nodig?

$1·         Na beserings

$1·         Chroniese pyn

$1·         Na operasies

Jy kan ook ‘n biokinetikus gaan sien om die volgende toestande onder beheer te kry:

$1Ø  Cholesterol

$1Ø  Hoë bloeddruk

$1Ø  Diabetes

$1Ø  Hartsiektes

$1Ø  Asma

$1Ø  Oorgewig

As jy perdfris is kan jy ook die biokinetikus gaan sien om jou fiksheid te toets en om te kyk of jy nie iemand is wat dalk kan lei aan hartsiektes omdat jou heup-maag verhouding nie reg is nie.

Rehabilitasie kan solank vat soos wat dit die besering sal vat om te genees. Rehabilitasie is nodig om nie op jou oudag te sukkel met erger beserings omdat jy nie nou na jouself kyk nie.

Volgende week gesels ons weer oor leefstyl en gesond lewe.

Vir meer navrae kan u vir Nolene skakel by 0186320381.

UITDAGING VIR DIE WEEK!

“KNOW YOUR NUMBERS”

Cholesterol: moet minder as 5.2 wees.

Suiker: minder as 5.6

Bloeddruk: 110/70

Bmi: formule- gewig gedeel met jou lengte maal lengte, moet tussen 18.5 en 23 wees.

Heup-maag verhouding: smalste omtrek van maag gedeel deur breedste omtrek van heup/boude. ( voete moet teen mekaar wees)

Vrouens=0.8   Mans=0.95

LEKKER OEFEN!

Print
06
Oct

BAK EN BROU MET HOENDER!

on Tuesday, 06 October 2015 16:01.

Ek en Ari het vandag gebak en brou en resepte uitgeruil oor Hoender.

Ons het die volgende resepte bespreek.

Paella, hoenderborsies gevul met mango en gemmer, maklike hoender-noedel gereg, Thai hoender, Italiaanse hoender, een bak hoender gereg, klewerige hoender, hoender en aarbei slaai, hoenderstirfry met pynappel en pasta, hoender en sampioen pasta met spinasie, heerlike hoender en mango gereg en hoender bobotie.

Die resepte is beskikbaar by die Lichvaal stereo se kantoor teen R1 per bladsy.

Ons gesels volgende Dinsdag weer oor die veelsydigheid van Hoender.

Image result for hoender

Print
21
Nov

IS OUD WORD TRAUMATIES VIR JOU?

on Thursday, 21 November 2013 18:31.

Dr Tessa van Wyjk, Traumatoloog, gesels met ons oor die kwessie van oud word.

Hoekom is oud word so konfronterend? Almal wil jonk bly, want daar is iets aan die skoonheid van die jeug wat ons wil behou - fisies en emosioneel.  Dis ontstellend om jou eerste grys haar raak te sien, of die eerste plooie.  Alles begin hang, siektes word meer algemeen.  Die kwessie van finansies, onvervulde drome en mense begin vir jou "tannie" of "oom" noem.

Die ergste deel van oud word verskil van mens tot mens.  Niemand wil afhanklik wees nie en daar is 'n vrees vir die dood.  Spyt oor verspeelde kanse of verkeerde keuses kom voor.

Maak vrede met die kwessie van oud word.  Almal loop dieselfde pad.  Jy word rustiger, kyk anders na die lewe.  Jy hoef nie meer jouself te bewys nie en het met die jare wys geword.  Jy ervaar meer emosionele vryheid.  Jy vergewe ook makliker en besef dit is sinneloos om met wrokke rond te loop.

Oud word is onvermydelik, so doen dit met grasie!

Vir meer inligting en vir hulp en raad, kontak vir Dr Tessa van Wyjk - 082 804 9886.  Epos kan gestuur word aan doctessa@gmail.com.

Vrede vir jou!

ESTELLE

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload