Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
29
Oct

KORTTERMYNVERSEKERING

on Thursday, 29 October 2015 18:10.

HOEKOM IS KORTTERMYNVERSEKERING BELANGRIK?

©       In vandag se lewe is dit noodsaaklik om jou bates te verseker teen moontlike gebeurtenisse wat jou skade kan berokken.

©       Niemand het meer die finansies om self hul skade te dra nie.

WAT IS KORTTERMYNVERSEKERING?

  • Dit is dekking teen versekerbare gevare wat jy koop om jou bates te beskerm.

BELANGRIKE PUNTE WANNER DIT KOM BY DIE UITNEEM VAN VERSEKERING:

ü  Onthou dat al jou bates teen die vervangende waarde vervang word en dus teen dieselfde waarde verseker moet word.

ü  Maak seker dat jy nie onderverseker is nie. Vra jou makelaar vir ‘n inventaris vorm om sodoende seker te maak  dat al jou inhoud vir die regte bedrag verseker is.

ü  Onthou dat jy as klient altyd redelike voorsorg moet tref wanneer dit kom by die beveiliging van jou bates.

ü  Lees jou polisbewoording asook poloissekdule noukeurig deur, onthou dat hierdie twee hand aan hand loop.

ü  Hersien jou polis ten minste eenkeer ‘n jaar om seker te maak dat alle items wat verseker moet wees op jou polis verskyn.

ü  Onthou dat alle items wat met jou saamgedra kan word wanner jy die wonong verlaat , gespesifiseer moet wees om sodoende omvattende dekking te geniet, soos byvoorbeeld trapfietse, visgerei, brille, juwele, vuurwapens ens.

ü  Kyk na jou bybetalingstukture op elke afdeling, maak seker jy kan dit bekostig.

ü  Moet nooit iets uitlaat wat moontlik jou polis kan beinvloed wanner dit by eise stadium kom nie.

BELANGRIKE PUNTE WANNEER DIT KOM BY EISE!

«    Onthou dat jy slegs 30 dae het om ‘n eis aan te melt, maar dat jy dit so spoedig moontlik moet aan melt.

«    Jy as klient moet self die kwotasies vir die vervanging of herstelling van die items kry.

«    Eise kan op verskeie maniere geskik word: vervanging, herstelling, kontantskikking of ‘n kombinasie van die 3.

«    Ingeval van diefstal moet dit so spoedig moontlik by naaste polisiestasie aan gemelt word.

«    Sover moontlik moet kliente record hou van hulle besittings.

 VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL THEA OF MARISSA BY THEA DE MAKELAARS TELEFOON NOMMER: 018-632-5296

Print
27
Oct

BAK EN BROU-LIGTE MIDDAG ETES

on Tuesday, 27 October 2015 21:27.

Ligte Middagetes

DIE RESEPTE IS BEKIKBAAR BY DIE KANTOOR @ R1.00 PER AFSKRIF

Eenskottel gereg met varkworsies, hemelse steak,geurige visvingers met suurlemoen,oondgebraaide varkworsies met kapok aartappels, luukse macaroni en kaas,hoenderborsies met parmesaankaas,warm tuna-kaas toebroodjies,gebakte tuna gereg,hoender fajitas,fritata’s, geroosterde sampioene,spek-biltong en avo slaai,hoender gebak met tamatie en die lekkerste toebroodjies met verskillende vulsel bv. Grondboontjiebotter en spekvleis,sjokoladesmeer en piesang,hoender-avo en roomkaas,bloukaas en avo.

As jy ook n interssante resep het ,deel dit graaag met my en Ari.  Email dit vir ons na vonkelvrou @lichvaalstereo.co.za of jy kan vir ons gedurende ons program skakel,tel:018 6320909

Groete tot volgende week!!!!

 

Print
26
Oct

DANKBAARHEID

on Monday, 26 October 2015 14:29.

EEN VAN DIE GEHEIME VAN ‘N GELUKKIGE LEWE IS DANKBAARHEID.

Filippense 4
 

“4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.“

 

Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Kyk ons verby die donker wolke en begin ons die silwer randjie raaksien. Dankbaarheid word ‘n realiteit in ons lewe as ons besef dat alles wat ons het is ‘n geskenk van God. Om te kan glo – ‘n geskenk, om te kan werk – ‘n geskenk, om ‘n familie te hê – ‘n geskenk. So kan ons aangaan en kan jy nog byvoeg. Om ons dankbaarheid lewendig te hou moet ons, onsself voortdurend herinner aan alles wat ons voor dankbaar kan wees.

Dankbaarheid is egter nie net ‘n emosie nie, maar gaan altyd oor tot aksie. Dankbaarheid inspireer my om my geloof uit te leef, om saam met ander gelowiges Sondae God te loof en te dank vir Sy genade, lief te wees vir God se kinders, iets van die baie wat ek ontvang, terug te gee met my tiende, en elke dag met vreugde te leef!

Print
20
Oct

BAK EN BROU MET SLAAI!

on Tuesday, 20 October 2015 13:56.

HEERLIKE SLAAI EN SLAAISOUS RESEPTE. DIE RESEPTE IS BEKIKBAAR BY DIE KANTOOR @ R1.00 PER AFSKRIF Spinasie ,appel en uie slaai. Avocado,mango en okkerneutslaai .Indiese hoender en papaja slaai. Advokado slaai met geroosterde rooi soetrissie en roomerige slaaisous. Koringslaai. Appel en okkerneut slaai met suurlemoen mayo. Kerriehoenderslaai met litchis. Warm aartappel slaai met spekvleis en warm roket. Rysslaai met mielies,rooi soetrissie ,pynappel met knoffel slaaisous. Gemarineerde sampioenslaai. Spek en eier slaai. Wit bone slaai. Anderste koolslaai. Hawaise koolslaai. Broccoli slaai met sade. Bone en krui slaai. Vakansie slaai. As jy ook n interssante resep het ,deel dit graaag met my en Ari. Email dit vir ons na vonkelvrou @lichvaalstereo.co.za of jy kan vir ons gedurende ons program skakel,tel:018 6320909 Groete tot volgende week!!!!

Print
19
Oct

GOD KAN! DS ANTON KLEINGELD

on Monday, 19 October 2015 19:32.

TEMA:    Kan God?

ILLUSTRASIE – Koos vd Merwe – Besoek Drakensberge

Kom te naby aan die onbelemmerde prag, sy voet gly en Hy val... Op pad ondertoe gryp hy ‘n tak – kyk ondertoe – baie steil.

 

Arms begin moeg word, en hy skree verwoede.... – Kan iemand my help, HELP! HELP! – Enkele ure so aangegaan, net toe hy wil moed opgee hoor hy ‘n stem: Koos, Koos, kan jy my hoor?

 Ja, ek is hier onder

Ek kan jou sien ja, is jy ok?

Ja ek is, wie is jy?

Koos,ek is die HERE   - EK is ORALS

Help my asb HERE  - EK sal enigeiets doen as U my net HELP ASB?

Enigeiets koos? Ek wil he jy moet die tak waaraan jy hang los. Vertrou my!

Laaaaang stiltee...

Koos: HELP HELP, is daar iemand anders wat my kan HELP!

 

Hierdie verhaal vertel van die eeue – oue probleem by die mens en Israel – die onvermoe om God te vertrou / geloof in God te hê / op sy beloftes te staan /

 

 

Is ons nie ook so nie vriende? Ons roep tot die HERE vir hulp? Dan begin ons twyfel? EN ons wonder of God sal kan? En ons maak dan ons eie planne?

 

 

God is ALMAGTIG vriende, HY KAN ENIGIETS DOEN!

 

ALLE MAG BEHOORT AAN GOD!

 

1.      ONTHOU –

Een van die grootste foute wat Israel gemaak het is dat hulle God se werke vergeet het – Ons moet nooit die werke vd Herre vergeet nie vriende!!! Wat het hy al in die verlede gedoen – gister, ‘n maan tereug / dseisoen terug / Slot

Daar gaan altyd droogtes wees.

Daar gaan altyd rassespanning wees –

Hoe gaan ons as kinders van die HERE hierop reageer! Gaan ons ‘n God vashou wat wonders doen / wat sy krag aan die mens openbaar / ‘n God wat KAN vriende!

 

Kom ons vertrou die HERE – put uit sy krag uit! Vat Hom op sy Woord, moet nie twyfel wat GOD kan doen! Wat Hy doen vir ander doen Hy ook vir jou!

 

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload