Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Marlette, die Vonkelvrou van Lichvaal Stereo nooi jou vriendelik om elke weeks oggend om 9 uur by haar aan te sluit vir 'n verskeidenheid onderwerpe. Maandae raak ons stil en kry kos vir die siel, Dinsdae bak en brou ons, Woensdae leef ons gesond, Donderdae praat ons oor alles en nog wat en Vrydae kuier ons by ons kontrei se mense; oud en jonk. Kom lag, leer, leef en "vonkel" saam my, Marlette, in Vonkelvrou.

Print
11
Nov

#HELPHANNA

on Wednesday, 11 November 2015 19:02.

#HelpHanna

Een uit elke tien meisies het nie sanitere produkte nie.

In die Noordwesstreek het daar reeds 32 skole aangedui dat hulle wil deel wees van die projek.

Jy kan ook n verskil maak en R10 donasie gee as jy HelpHanna sms na 38969

Vir enige navra kan jy met Michelle Burger gesels Tel: 012 6444390

Print
10
Nov

LIEFDADIHGEID!!

on Tuesday, 10 November 2015 15:58.

LIGHELP HULP VERLENINGSENTRUM

Langstraat 127, Lichtenburg.

Kontak nommer: 0186326502

Kontak persoon: Tannie Mienie Le Roux.

Vir eninge liefdadigheids werk en nuwe projekte skakel die hulphuis en raak deel van liefdadigheid.

Print
10
Nov

VIR "IMMERGROEN" MENSE!!

on Tuesday, 10 November 2015 15:56.

Onthou  jy nog?...........................

                     Lank,lank gelede voor TV spleletjies en dwelms

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park,of saans;van die kafee op die hoek,‘hop scotch’ vir meisiekinners ,as dit alie-tyd is by die skool,touspring,klippie en  ‘handstands’,donkie en krieket in die groot agtertuin. Haas Das se Nuuskas vroegaand,swem in die rivier,kamp op die strand,’n swaai gemaak van tou en met tamatiekasplank vir sitplek aan die groot appelkoosboom,rugby op die groot stuk veld;tennis in die straat.

Die reuk van koekiesbak uit die kombuis,gemmerbier in die spens,kougom vir ‘n pennie,roomys by die kombi met die eentonige deuntjie.

Wag,wag kan jy nog onthou………..toe om-die-hoek ver was,toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan.Honderde muskietbytr,stukkende kniee en repe vel afdop in die somer.Taai toffie appels en sand in die swemklere en oral.”Cowboys en kroeks”,rounders,foefie slide en boomkilm,modderkoekies bak.

Skool toe loop of  fietsry-ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem.Lag tot jou  maag pyn.Romdomtalie draai tot jy dronk-dronk val.Moeg en vuil gespeel……….onthou jy?

Die grootste verleentheid as jy laaste vir daardie kant gekies word.

Waterbomme en kleigat was jul grootste wapens. ,n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek is nog nie klaar nie……… kan jy nog proe en ruik : droe jelliepoeier uit die  pakkie,of droe Milo vir sjokolade,yslollies in tupper houertjies gevries van aanmaak koeldrank,jou eie suur poeier van versiersuiker en Eno’s,borrels blaas met seepwater en ‘n strooitjie,lang ure se kook aan kondensmelk tot karamel,Wilsons en pienk toffies,taai malvalekker vissies en lang liquorish of drop.

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was,maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 beste maats te he nie.Niemand het betaal vir ‘n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 25 sent vir sakgeld of kermis gekry.

Almal se ma’s was by die huis as die skool uitkom.

Die lekkerte van by die padkafee gaan eet- uiteet by ‘n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand ‘n wenkbrou sou lig as enige ouer ‘n kind berispe of in die werk steek nie en almal op die werf kos kry as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie,basies was ons doodbang-nie vir aanranding,dwelms,bendes ens nie.Grootmense was ‘n groter bedreiging- baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa  daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie……………………………. Die onthou………………………………

Onthou nog toe besluite geneem is met “eeny-meeny-miney-mo”.Foutjies was omseil met ‘n eenvoudige “nixs daps”.Geldsake was net in Monopoly. Die ergste wat jy van die ‘ander’ geslag kon kry was kieme.Gevang met ‘n wapen by die skool was die BIC pen”pea shooter” waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies’n kettie op die speelgrond.

Verdowingsmiddels het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens.Roomys was kos, en moed is ontdek as iemand jou “dare”.Ouer broers  was die grootste boelies maar ook die beste beskermers             .                                    As jy meeste van die dinge onthou, dan het  jy GELEWE (skrywer onbekend)

Print
10
Nov

BAK EN BROU VIR KERSTYD

on Tuesday, 10 November 2015 13:11.

Top resepte vir Kerstyd

Die kersliggies is al in die vensters,versierings op die deure- sou n besoeker van n ander planeet ons besoek , sal hy moontlik dink ons aanbid die gode van geld en geskenke.Kersfees het een groot resies geword om die regte geskenk onder die boom te kry.

Tog is ek egter oortuig daarvan dat agter al hierdie beplanning ,inkopies en gejaag om Kersfees, daar werklik ‘n ware boodskap van liefde,hoop en geluk is. Dat ons steeds die vermoe het om verby al die gejaag te kyk en Kerstyd te geniet  vi wat dit werlik is.

Is jy al gereed vir Kersfees,is jou koekblikke vol koekies en staan die vrugtekoeke al in die spens?

Ons het n hele paar bobaas resepte beskikbaar by die kantoor spesiaal vir Kerstyd- die heerlikste koekies en vrugtekoeke, net soos Ouma dit gedoen het in die goeie  ou dae.

Print
09
Nov

SKULDGEVOELENS

on Monday, 09 November 2015 12:33.

Skuldgevoelens saam net Ds Elizabet Brundson

Hoe werk ek met skuldgevoelens:

- erken

- vra verskoning

- aanvaar

- leer

- besef

Ps 32:5/2 Kr 30:9 gaan lees n bietjie

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload