Vonkelvrou

Print
27
May

GOD SE WONDERLIKE SKEPPING

Wanneer laas het jy jou net verlustig in die wonderlikhede van die Skepping?  Wanneer laas het jy net dankie gese vir dit dat jy elke dag sien en kan ervaar: dalk net 'n duif wat voor jou uitvlieg, of 'n mooi sonsondergang.  God het die hele skepping vir ons, sy kinders, gemaak.  Dink so oomblik na oor die volgende:

Het jy geweet die blouwalvis se geluid van 188 desibels kan tot 853 km ver gehoor word? 'n Muskiet het 47 tande?  'n Heuningby sterf as gevolg van honger en verweerde vlerke?  Het jy geweet 'n goudvis kan tot 20 jaar oud word, 'n kreef se bloed is blou en krokodille sluk klippe in sodat hullke dieper in die water kan wegsak?  Het jy geweet bome verlaag die omgewing se temperatuur deur die water wat uit die blare verdamp? Dat die mens se breinselle beter toegerus is as enige rekenaar wat nog ooit gemaak is, en dat jou breinselle die langste in jou liggaam leef?

Het jy geweet dat God jou wonderbaarlik geskape het, uniek, daar is nie nog iemand soos jy nie.  Lees Ps 139 en probeer verstaan HOE spesiaal jy is.

Baie seen aan jou, die kroon op God se skepping!!

ESTELLE