Vonkelvrou

Print
25
May

KINDERS MOET BESKERM WORD

Alle kinders het die reg om beskerm te word, aldus dr Stella Potgieter. Sy is tans navorsingsgenoot by die Fakulteit Teologie (Praktiese Teologie) aan die Noordwes Universiteit.  Die boek wat sy geskryf het is getiteld "KINDERS MOET BESKERM WORD".

Die vraag ontstaan hoe veilig is jou kind in sy omgewing.  'n Baie groot persentasie molestasies word gepleeg deur bekendes, iemand wat na aan die kind of die familie is.

Moenie vir bewyse van seksuele molestering wag nie.  Wanneer jou kind gedragsveranderinge openbaar, of eetafwykings kry of net ontaard in iemand wat jy nie ken nie, is dit dikwels te laat.

In Dr Stella se boek praat sy oor reels wat daar moet  wees en jou kind wat dit moet verstaan.  Gesinsreels behels o.a. die inkomtyd, die aanvaarbaarheid van die kuierplekke, ouderdomsgepaste vriende en maniere van aantrek in.  Jou kind moet liefs in 'n groep uitgaan saam met vriende wat hy/sy kan vetrou.  Jou dogter moet nie die vertrek alleen verlaat nie, ood nie drankies van iemand aanvaar wat reeds oopgemaak is nie.  Dis verkieslik dat sy haar eie koop en dit oppas.

Die vertrouensverhouding tussen ouer en kind is ook geweldig belangrik.  Daaraan moet gewerk word van kleityd af.  Jou kind moet jou kan vertrou in en met enige situasie.

Noodnommers moet ook duidelik sigbaar wees in tye van nood.  Praat met jou kind oor die seksuele sy van menswees, eerder as wat dit verkeerd op die internet of deur vriende oorgedra word.  Maak jou kind ook bewus van die gevare van internet en leer hom/haar om verantwoordelikj daarmee om te gaan.  EN baie belangrik: JY MOET DIE VOORBEELD STEL!!

Die boek van dr Stella Potgieter is beskikbaar by Petra  018 297 3986 of bestellings@gksa.co.za.

Kom ons wees lief vir ons kinders en pas hulle op.  Hulle is ons verantwoordelikheid.

Baie seen vir jou.

ESTELLE