Vonkelvrou

Print
22
May

VERWOND DEUR WOORDE

Dr Tessa van Wyk het vandag weer met my gesels oor hoe hanteer mens die verwonding deur woorde.  In ons vorige program het sy die effek van seermaakwoorde aangeraak.  Die uiteinde van hierdie verwonding is dikwels depressie, eetversteurings, neiging tot selfdood, vrees, lae selfbeeld, te veel koop , ander mense nie vertrou nie, ens.

Niemand is onaangeraak deur seermaakwoorde nie, nie die persoon wat dit uiter nie en ook nie die ontvanger nie.  Mense tree dikwels kwetsend teenoor ander op om 'n eie seer weg te steek of om beter of hom/haarself te voel.  Dit is egter jou keuse hoe dit jou lewe gaan affekteer.  Gaan jy toelaat dat hierdie kwetsing die riglyn van jou lewe word, of gaan jy dit verwerp vir wat dit werd is.

Moenie dit jou eie maak nie.  Wanneer jy die ontvanger is van kwetsende woorde of beledigings, gaan ontleed dit en kyk of daar enige waarheid in steek.  Indien jy agterkom dat dit dalk waar kan wees of deels waar is, maak werk daarvan en verander waar dit nodig is.  As dit egter nie die waarheid oor jouself is nie, verwerp dit met die minagting wat dit verdien.  Jy gaan bepaal hoe mense jou gaan hanteer deur jou optrede.  Leer jouself ken en staan op vir jouself.  Is dit werklik belangrik wat ander mense van jou dink?  Is dit die moeite werd om jouself te kasty deur seermaakwoorde en aan minderwaardigheid te ly?

Stel jou eie perke en skeidslyne van dit wat jy in jou lewe gaan toelaat.  Verwerp negatiwiteit en omhels die mooi en die positiewe aspekte in jou lewe. Ontgin die goeie en saai liefde en aanvaarding.

Leef die liefde

ESTELLE