Vonkelvrou

Print
03
May

HELP MA!! EK IS VET

Ma, help!! Ek is vet!! Hierdie is 'n noodkreet wat elke mamma se hart moet aanraak.  Wanneer jou kind na jou toe kom met hierdie woorde, moet dit nie afmaak as net 'n gril of skoolgier nie.  Vir jou kind is dit 'n saak van die uiterste belang.

Het jy geweet  dat die gevolge van oorgewig kan lei tot minderwaardigheid, depressie, om geboelie te word by die skool en die uiterste gevolg: selfdood.  Wees sensitief en luister na jou kind.  Vra haar wat sy dink, hoe sien sy haarself.  Wat is die oplossing indien sy oorgewig is.  Word deel van haar leefwereld en beleef haar emosies saam met haar.  Werk saam aan 'n oplossing, gaan sien 'n dieetkundige, sielkundige, jou dokter, laat jou kind voel sy is nie alleen nie.  Wees prakties en hersien julle eetgewoontes.  Wend 'n daadwerklike poging aan om sommer die hele gesin se eetgewoontes te hersien en sny  ongesonde kosse uit.

Jy as ma moet ook versigting wees oor hoe jy jou koskwessies hanteer.  Jy is jou kind se rolmodel en wanneer jy 'n ongesonde grondslag le wat eetgewoontes betref, gaan sy dit ook doen.  Wees ook versigtig hoe jy na jou eie liggaam verwys.  Dis baie belangrik om jou kind se eiewaarde op te bou.

Wanneer jou kind se sy is vet en sy in in werklikheid ondergewig, is dit ook van uiterste belang om nie vir haar te lag of te se sy verbeel haar nie.  Sy het 'n werklike probleem wat aangespreek moet word.  Wanneer jou kind na elke ete badkamer toe gaan, of dalk elke kositem se inligtingsetiket fynkam vir die energiewaarde, kan sy dalk aan 'n eetversteuring ly.  Maak so gou as moontlik werk daarvan en kry die nodige professionele hulp.  Onthou elke situasie is uniek en moet op eie meriete hanteer word.  Die heel belangrikste is NEEM NOTISIE VAN JOU KIND!

Leef jou potensiaal as ouer uit, wees die beste mamma/pappa wat jy kan wees.  Met die hulp van BO kan jy dit doen.

Saai baie liefde en mag jy geseend wees.

ESTELLE