Vonkelvrou

Print
01
May

DIE MONSTER VAN NARSISSIME

Die omskrywing wat die HAT-woordeboek vir narsissisme gee is "sieklike liefde vir self."

Dr Tessa Van Wyk het ons vandag 'n kykie in die lewe van die narsissis gegee.  Hulle is baie selfgesentreerd en werk baie hard om perfek voor te kom.  Enige persoon wat hulle perfekte beeld wil bereig word gediskrediteer, vernietig, verlaag en wegstoot.   Hulle is baie toegewyd en styg omtrent in enige iets wat hulle doen, uit.  Hulle skep 'n valse beeld van die self.

Johan Kotze, die sg Modimolle Monster, kan as 'n narsissis beskou word.  Jy is dalk in 'n huwelik vasgevang waar fisiese en emosionele mishandeling aan die orde van die dag is.  Jy mag geen foute maak nie en word subtiel afgekraak.  Jy is net nie goed genoeg nie, jy is niks sonder hom nie en kan niks op jou eie regkry nie.  In die publiek hou hy by die sosiale standaarde want hy het 'n beeld om voor te hou.  Hulle lewe 'n leuen, en as eggenoot vind jy jouself  in hierdie spel vasgevang.  Volgens die medici kan hierdie onredelike optrede  dui op 'n breinwanfunksie.  Dwelms en drank sal dit natuurlik vererger.  Daar is ook verskillende grade van narsissime.

Wil jy uit hierdie huwelik vrykom, sal jy baie subtiel en versigtig jou planne moet maak.  Sorg vir genoeg finansies, 'n veilige hawe vir jou en jou kinders en moet nie bekend maak waar jy heen wil gaan nie.  Wetenskaplike  bewyse is daar dat iemand met hierdie probleem (narsissisme) glad nie of uiters selde, kan verander.

Jy wil dalk graag met iemand hieroor gesels, en dr Tessa  van Wyk wag vir jou.  Haar kontaknr is 082 804 9886.  Haar epos adres is doctessa@gmail.com.

Liefde en sterkte

ESTELLE