Vonkelvrou

Print
29
Apr

HOE GROOT IS U

Besef jy HOE spesiaal jy vir GOD is? Jou hele menswees en samestelling is met die suiwerste liefde en tot in die kleinste besonderhede beplan. Lees Ps 139 indien jy my stelling betwyfel. In Karen Kingsbury se boek WONDERWERKE - vertel sy van Penny Hathawy wat 'n buite-egtelike baba gehad het wat sy vir aanneming beskikbaar gestel het. Jare van skuldgevoel en selfverwyt het gevolg, en op die ouderdom van 20 jaar het haar seun met haar kontak gemaak. Hy was baie dankbaar teenoor haar dat sy hom laat aanneem het, was besig om vir mediese dokter te studeer met 'n groot liefde vir die kunste, net soos sy biologiese ma. Haar drome vir haar seun het waar geword. Dalk sit jy met skuldgevoelens oor besluite wat jy vroeer in jou lewe gemaak het waarmee jy nie vrede het nie. Jy kan niks daaraan verander nie. Vergewe jouself, omhels die feit dat jy hierdie oomblik het om sake reg te stel - dalk verskoning of vergifnis moet vra waar nodig - en positief na die toekoms te kyk. Begin GOD vertrou om jou op hierdie pad te lei. Hou die volgende in gedagte: EK GLO IN DIE SON AL KOM DIT LAAT OP EK GLO IN LIEFDE AL IS DIT AFWESIG EK GLO IN GOD AL BLY HY STIL Hierdie skrywe is op 'n muur in 'n vervalle huis na die 2de Wereldoorlog gevind. Bly GLO, jy, Wonderwerk van GOD!! Wees geseend ESTELLE