Vonkelvrou

Print
24
Apr

KRANKSINNIGE KRINGLOOP IN 'N HUWELIK (2)

In vandag se VONKELVROU het Dr Tessa van Wyk meer spesifiek met die manne gesels.  Wat is  vir die vrou belangrik? Wat verlang sy van haar man?  Hierdie behoeftes het niks met finansies te doen nie. 

Die hart van die vrou wil net bemin word, aanvaar word en raakgesien word.  Sy wil geborge en veilig voel.  Sy wil so nou en dan bederf word.  Dinge wat belangrik is in die huwelik kos nie noodwendig geld nie.  Net die idee dat huweliksmaats aan mekaar dink in die dag, genoeg omgee en die huwelik wil laat werk, dis wat belangrik is.  Heel dikwels koppel mens huweliksgeluk aan geld, maar werklike huweliksgeluk kos net aandag en liefde.  Fokus op jou man of jou vrou, gee aandag, kommunikeer sinvol, nie net oor die dag se probleme of die kinders nie.  Wend 'n daadwerklike poging aan om die beste in jou huweliksmaat na vore te bring, en dit gebeur slegs wanneer sy/hy geliefd voel en aanvaar word vir die persoon wat sy/hy is.  En manne, moenie aan stilstuipe ly en jou vrou straf wanneer julle oor iets verskil nie.  Kom tot 'n vergelyk en laat sy steeds veilig by jou voel, beskermd.  Vroue is 'n baie gevalle weerloos, daarom is die man fisies en emosioneel sterker as sy.  Jy as man is die beskermer, dis hoe GOD jou geskape het.

Of die manne hul vroue ooit sal verstaan, en omgekeerd, dit bly 'n ope vraag.  Die belangrikste is om mekaar onvoorwaardelik LIEF te he.

Mag jy die vreugde van opregte LIEFDE ervaar.

ESTELLE