Vonkelvrou

Print
23
Apr

MET RAAT EN DAAD

Wie hou  nie van doeltreffende rate en raad nie? Ek deel vandag met jou sommige rate wat ons vandag in VONKELVROU hanteer het.

Asyn is 'n groot hulpmiddel wanneer dit kom by blink spieels: week 'n lappie in asyn en vryf jou spieels daarmee op vir 'n glashelder beeld.  Verlepte blomme kry ook  weer nuwe lewe deur 2 eetlepels asyn en 1 teelepel suiker vir elke liter water in 'n vaas te gooi.

Wanneer iets op die stoof oorgekook het en op die warm plaat beland en brand, strooi mildelik met sout - jy sal nie 'n brandreuk in jou huis he nie.  Indien daar wyn op jou mat mors, gooi dik met sout en laat staan sodat die sout die wyn kan absorbeer.  Suig die sout op en was soos gewoonlik.

As jy nie vuuraanstekers het nie, week lee karton eierhouers in kookolie en gebruik soos vuuraanstekers.  Haal verf of gom van jou hande af deur met olie in te vryf.

Hier is 'n heerlike bederfresep net reg vir die winter

WARM LEMOENTERT

375 ml meelblom, 50 gr botter, 250 ml suiker, 15 ml bakpoeier, 180 ml melk 1 ml sout, 3 eiers

Klits eiers goed. Voeg suiker geleidelik by en klits tot romering.  Bring melk tot kookpunt en smelt botter daarin.  Sif meel, bakpoeier en sout by eiermengsel en meng goed.  Gooi kokende melkmengsel by en meng goed.  Bak dadelik in matige oond van 180 gr C in groot gesmeerde bakskottel.  Wanneer gaar, haal uit oond, prik met vurk en gooi dadelik stroop oor

STROOP

500 ml suiker, 25 ml b otter, 250 ml water.  Kook saam vir 5 minute, laat effens afkoel en voeg by: 250 ml lemoensap en 10 ml gerasperde lemoenskil.  Bedien tert warm as nagereg of saam met tee.

Lekker bak en mooi bly

ESTELLE