Vonkelvrou

Print
20
Apr

REGEER JOU KINDERS - Vrydag 19 April2013

Een van die moeilikste situasies om as ouer in te wees, die wanneer jy besef jou kinders regeer en beheer jou.  Jy raas, jy praat hard en later skree jy, maar jou opdrag word steeds nie uitgevoer nie.  Hulle kyk skaars van die rekenaarskerm of tv- skerm op wanneer jy praat.  Jy het geen gesag nie.  Wanneer dit vir hulle lyk of dinge nou hardhandig gaan word, en eers dan, kry jy reaksie.  Klink dit bekend?

Ek is seker die meerderheid ouers het bg sinario al beleef.  Maar wat doen jy?  Haal gerus jou hande uit jou hare, daar is 'n oplossing.  Dis nogal nie baie moeilik nie, maar wees gewaarsku: jy sal MOET konsekwent optree.

Jou eerste stap is om met hulle te vergader.  Kies 'n ander plek as jou huis, 'n plek wat hulle geniet en waar hulle kan ontspan.  Gesels het jou kinders en erken waar jy foute gemaak het in die opvoedingstaak.  Gee elkeen kans om te praat en werk 'n plan van aksie uit.  Elkeen kry huishoudelike take wat sy verantwoordelikheid is.  Indien jou kinders nou reeds tieners is, is dit nog nie te laat nie.  Hulle moet leet om verantwoordelikheid vir sekere take te aanvaar, bv kombuis skoonmak, eie kamers en kaste netjies hou, die vullisblik te verwyder.  Indien jou kind sakgeld kry en sy take is nie gedoen nie, hou sy beloning terug.  As hy nie sakgeld kry nie, neem sy gunsteling aktiwiteit bv. selfoon, rekenaar of dit waarmee hy baie tyd spandeer, weg totdat hy luister.  Hou by dit wat julle bespreek het en moenie ingee nie, selfs al ontstaan n rusie.  Dis 'n leerproses vir jou kind in verskeie aspekte: hy leer om onder gesag te staan, hy leer gehoorsaamheid en hy leer verantwoordelikheid.  Wanneer hy die dag uit die huis is, dan kan jy hom nie meer hierdie basiese beginsels leer nie.

Onthou om vir jou kinders te wys en te se jy het hulle lief.  Prys hulle ook wanneer hulle iets reg doen.  Moet nooit dat jou kinders voel hulle is oorbodig of jy gee nie om nie.  Sien hulle raak, en saai saam met dissipline ook liefde.

Ek vertrou julle as gesin sal saam die wa deur die drif trek en met triomf anderkant uitkom.

Mooi bly

ESTELLE