Vonkelvrou

Print
19
Apr

WEES GESOND AS ANDER OLIK IS

Met die verandering van die seisoene is dit weer tyd vir verkoues en krankhede wat baie maklik versprei wanneer die seisoen verander.  Berei jouself voor sodat jy nie ook 'n slagoffer word nie.

Ontsmet oppervlakke behoorlik met bleikmiddel of skoonmaakmiddels wat 'n chlooroplossing bevat.  Maak ook seker dat jou selfoon, afstandbeheer en fone behoorlik skoongemaak word.  Kyk ook na jou rekenaar se sleutelbord.  

Moet  ook nie daardie multivitamiene vergeet nie!  'n Aanvulling help jou liggaam om teen vreemde indringers te veg.  Kry genoeg slaap, wanneer jy te min slaap kan dit jou immuunstelsel verswak.  Griepinentings is baie belangrik, veral vir ouer mense en persone wat geneig is tot verkoue en griep.  Hou jou hande skoon!! Baie belangrik om wanneer jy jou hande was, jy ten minste 20 minute lank was met seep en skoon water.

Ek wens jou 'n gesonde wintertyd toe.

ESTELLE