Vonkelvrou

Print
17
Apr

Die Kranksinnige Kringloop in die Huwelik

In vandag se VONKELVROU, met dr Tessa van Wyk by my in die ateljee, was die onderwerp DIE KRANKSINNIGE KRINGLOOP IN DIE HUWELIK.  Dieselfde foute wat oor en oor gemaak word, die feit dat huweliksmaats nie meer wedersydse respek vir mekaar het nie en die kwessie van elkeen se rol en plek in die huwelik.  Wat moet die vrou doen om haar huwelik te laat slaag.  Hier is een aspekte wat verseker aandag moet kry van die vrou se kant af.

Die Bybel se in Ef 5:33 vrouens moet hulle mans onderdanig wees, dit beteken vroue moet hulle mans respekteer.  Wanneer 'n man die respek van sy vrou ervaar, sal hy haar ook liefhe.  Die man is die hoof van die huis, die een wat moet beskerm, fisies en finansieel.  Deur jou man te waardeer, in hom te glo en hom by te staan is baie belangrik vir 'n suksesvolle huwelik.  Heel dikwels gebeur dit dat daar verwydering tussen man en vrou kom, en heel dikwels is die oorsaak dat wedersydse respek ontbreek.  Dit word 'n bose kringloop wat homself oor en oor herhaal: die man voel nie gerespekteerd nie en die vrou voel nie geliefd nie.  Respekteer jou man en hy sal nie anders kan as om jou as sy vrou lief te he nie.

Herstel hierdie wanfunksie en kyk wat is die resultaat.  Onthou daar is geen kitskuur nie, dit verg harde en toegewyde werk om jou huwelik te laat slaag.  Waardeer jou man, se vir hom dankie vir sy harde werk, sien raak wat hy doen en wag vir die dividende wat jy sal kry.

Volgende week kyk ons na die man en wat hy moet doen om van sy huwelik 'n sukses te maak.  Jy is welkom om vir Dr Tessa te kontak, haar nr is 082 804 9886.

Alles van die mooiste

ESTELLE