Vonkelvrou

Print
16
Apr

HEERIKE KERRIEKOS (SLOT)

Vandag het ons aangegaan met laasweek se program oor heerlike kerriekos.  Die temperature begin daal en 'n heerlike kerriegereg is regte, egte trooskos.  Moenie vergeet van die heerlike bygeregte wat jy saam kan voorsit nie.  Ek sit verkieslik ietsie soet saam met kerrie voor, soos heerlike pampoen of 'n maklike piesangslaai.  Wat van outydse soet ertjies of heerlike patats!!  Die keuse is joune. Moenie vashaak by rys as bygereg nie, wat van saggekookte stampmielies of pasta van jou keuse. Maak dit 'n smaakondervinding en beproeg verskillende opsies.

As jy miskien pampoen op 'n ander manier wil voorsit, kan jy 'n pampoenrol probeer.  Berei die pampoen soos gewoonlik, dan maak jy die volgende deeg:

500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 5 ml sout, 125 ml botter, 2 eiers, bietjie melk, appelkooskonfyt. 

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Vryf die botter in meelmengsel.  Voeg die eiers by en net genoeg melk om stywe deeg te vorm.  Rol deeg op meelbestrooide oppervlak in 'n reghoek. Smeer die koue pampoenmengsel bo-oor en stip met appelkooskonfyt.  Rol op soos rolkoek, sny in 4 - 5 mm skywe en pak in oondvaste bak.  Kook die volgende sousbestanddele saam, gooi bo-oor skywe en bak 1 uur by 180 C.  Sous:  375 ml kookwater, 250 ml suiker, 25 ml botter, bietjie gemaalde neutmuskaat (kaneel is ook 'n opsie).

Geniet dit!

Tot volgende keer: mooi bly

ESTELLE