Vonkelvrou

Print
12
Apr

GESPREK MET STASIEBESTUURDER GEORGE VISSER

My gas in die ateljee vandag was George Visser, LICHVAAL STEREO se stasiebestuurder.

Heel dikwels is die luisteraar bekend met die stem en selfs die gesig, maar die mens bly 'n misterie.  Ons het gesels van George se grootword-dae in Durban tot waar hy vandag is, die pad wat die lewe met hom gestap het.  Wat vir my baie duidelik uitgestaan het, was sy passie om 'n positiewe verskil  in die lewens van die mense waarmee hy te doen kry te maak.  Sy opinies van dinge is reguit en op die man af, sonder doekies omdraai, en sy liefde vir sy kinders en kleinkinders is opreg en uit die hart.  George se groot kosliefde is hamburgers (verkieslik MacDonalds), en hy is mal oor lekker koffie.  Daarby is hy 'n BAIE GROOT  C H E E T A H-ondersteuner, of hulle wen of verloor, maak nie saak nie.

Die boodskap wat George by almal wil laat, is vergeet van gister, leef vir vandag en omhels more.  Maak 'n verskil waar jy is en doen dit wat jy doen na die beste van jou vermoe.  Verseker iets om na te streef.

Ek hoop dat hierdie boodskap jou positief sal inspireer om ook 'n verskil te maak.

Tot volgende keer

Mooi bly

ESTELLE