Vonkelvrou

Print
10
Apr

Die Innerlike Saboteur/Skep 'n werklikheid met jou woorde

Laas week, 3 April 2013, het Dr Tessa van Wyk met ons gesels oor die "innerlike saboteur". Dit is die monster wat jou wysmaak jy kan niks doen nie,  is nie in staat om jou drome te verwesenklik nie en wat jou minderwaardig laat voel.  Dit is ook wanneer jy 'n taak of take aanpak en dit telkens nie voltooi nie, wanneer jy elke keer misluk met 'n dieet.  Jy moet bewus raak van hierdie saboteur in jou lewe en keer dat jy jouself ook saboteur.  Jy moet vir jouself mylpale stel om jou doel te bereik.  Wanneer 'n persoon jou verkleineer of minderwaardig laat voel, moet jy dit nie jou eie maak nie.  Mense verkleineer gewooonlik ander om beter oor hulself te voel.  Leer om bo die negatiewe te leef.

Vandag se onderwerp was SKEP 'N NUWE WERKLIKHEID DEUR JOU WOORDE. Programeer jou onderbewussyn  met die positiewe.  Verander die manier waarop jy oor jouself praat.  Ons moet onthou woorde het skeppingskrag.  Werk doelbewus daaraan om jou onderbewussyn met positiewe en opbouende gedagtes en dade te voed.  Die Here het vir ons elkeen sy eie pakkie met gawes en talente gegee.  Dis nie te se as jy nie goed is in een veld, bv wiskunde, dat jy 'n mislukking is nie.  Werk daaraan om jou ware talente en gawes te ontdek en dit uit te leef.  Moenie bang wees om te waag nie.  Daar gaan verseker foute wees, en jy kan dalk 'n paar keer misluk, maar hou aan en ontwikkel so vir jouself 'n nuwe werklikheid.

Dr Tessa van Wyk se kontaknr is 082 804 9886.  Daar is hulp, ja, vir JOU ook.

Mooi bly

ESTELLE