Luister Aanlyn

Luister Lichvaal Stereo aanlyn enige plek in die wereld van Duitsland tot Dubai!

Luister Nou Epos na Ateljee

Mark Aanwysers

Vonkelvrou

Print
09
Apr

HEERLIKE KERRIEHOENDER

In vandag se VONKELVROU het ons oor kerriegeregte gesels. Het jy geweet dat elke land en elke streek se kerrie anders smaak omrede daar sekere speserye bygevoeg of uitgelaat word? Die basiese bestanddele van kerrie is komyn, kaneel, naeltjies, knoffel, neut, rissiepoeier, koljander, gemmer en masala (wat ook weer 'n kombinasie van speserye is). Jy kan ook jou eie kerriemengsel maak.  Volgende week gee ons die resep daarvan.

HEERLIKE KERRIEHOENDER

10 hoenderborsies ontbeen en ontvel, 750 ml hoenderaftreksel

Vir die sous:  2 uie, gekap, 75 ml koekmeel, 625 ml hoenderaftreksel, 15 ml kerriepoeier, 20 ml borrie, 2 appels, geskil, ontpit en gerasper, 250 ml rosyne (of sultanas), 20 ml suurlemoensap, 10 ml bruinsuiker, 2 lourierblare, sout en peper na smaak, 2 piesangs in skyfies, 250 ml room

Kook hoender vir 12 minute in aftreksel.  Dreineer, laat effens afkoel en vlok. Verhit bietjie olie en soteer ui. Roer meel in tot uie bedek is. Roer aftreksel geleidelik by. Voeg oorblywende bestanddele, behalwe piesangs en room by. Roer hoender by en prut tot lekker sag oor LAE hitte. Verwyder lourierblare, roer piesangs en room by, maar deurwarm en bedien dadelik soos verkies.

Ek nooi jou uit om my te kontak by www.lichvaalstereo.co.za.  Jy is baie welkom om voorstelle vir kosprogramme in te stuur.  Indien jy 'n spesifieke resep soek, of net wil gesels of wenke en raad in en om die huis nodig het, VONKELVROU is daar vir jou.

Mooi bly 

 

 

Kontak Vonkelvrou

captcha
Reload