Vonkelvrou

Print
10
Nov

VIR "IMMERGROEN" MENSE!!

Onthou  jy nog?...........................

                     Lank,lank gelede voor TV spleletjies en dwelms

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park,of saans;van die kafee op die hoek,‘hop scotch’ vir meisiekinners ,as dit alie-tyd is by die skool,touspring,klippie en  ‘handstands’,donkie en krieket in die groot agtertuin. Haas Das se Nuuskas vroegaand,swem in die rivier,kamp op die strand,’n swaai gemaak van tou en met tamatiekasplank vir sitplek aan die groot appelkoosboom,rugby op die groot stuk veld;tennis in die straat.

Die reuk van koekiesbak uit die kombuis,gemmerbier in die spens,kougom vir ‘n pennie,roomys by die kombi met die eentonige deuntjie.

Wag,wag kan jy nog onthou………..toe om-die-hoek ver was,toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan.Honderde muskietbytr,stukkende kniee en repe vel afdop in die somer.Taai toffie appels en sand in die swemklere en oral.”Cowboys en kroeks”,rounders,foefie slide en boomkilm,modderkoekies bak.

Skool toe loop of  fietsry-ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem.Lag tot jou  maag pyn.Romdomtalie draai tot jy dronk-dronk val.Moeg en vuil gespeel……….onthou jy?

Die grootste verleentheid as jy laaste vir daardie kant gekies word.

Waterbomme en kleigat was jul grootste wapens. ,n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek is nog nie klaar nie……… kan jy nog proe en ruik : droe jelliepoeier uit die  pakkie,of droe Milo vir sjokolade,yslollies in tupper houertjies gevries van aanmaak koeldrank,jou eie suur poeier van versiersuiker en Eno’s,borrels blaas met seepwater en ‘n strooitjie,lang ure se kook aan kondensmelk tot karamel,Wilsons en pienk toffies,taai malvalekker vissies en lang liquorish of drop.

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was,maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 beste maats te he nie.Niemand het betaal vir ‘n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 25 sent vir sakgeld of kermis gekry.

Almal se ma’s was by die huis as die skool uitkom.

Die lekkerte van by die padkafee gaan eet- uiteet by ‘n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand ‘n wenkbrou sou lig as enige ouer ‘n kind berispe of in die werk steek nie en almal op die werf kos kry as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie,basies was ons doodbang-nie vir aanranding,dwelms,bendes ens nie.Grootmense was ‘n groter bedreiging- baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa  daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie……………………………. Die onthou………………………………

Onthou nog toe besluite geneem is met “eeny-meeny-miney-mo”.Foutjies was omseil met ‘n eenvoudige “nixs daps”.Geldsake was net in Monopoly. Die ergste wat jy van die ‘ander’ geslag kon kry was kieme.Gevang met ‘n wapen by die skool was die BIC pen”pea shooter” waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies’n kettie op die speelgrond.

Verdowingsmiddels het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens.Roomys was kos, en moed is ontdek as iemand jou “dare”.Ouer broers  was die grootste boelies maar ook die beste beskermers             .                                    As jy meeste van die dinge onthou, dan het  jy GELEWE (skrywer onbekend)