Vonkelvrou

Print
29
Oct

KORTTERMYNVERSEKERING

HOEKOM IS KORTTERMYNVERSEKERING BELANGRIK?

©       In vandag se lewe is dit noodsaaklik om jou bates te verseker teen moontlike gebeurtenisse wat jou skade kan berokken.

©       Niemand het meer die finansies om self hul skade te dra nie.

WAT IS KORTTERMYNVERSEKERING?

  • Dit is dekking teen versekerbare gevare wat jy koop om jou bates te beskerm.

BELANGRIKE PUNTE WANNER DIT KOM BY DIE UITNEEM VAN VERSEKERING:

ü  Onthou dat al jou bates teen die vervangende waarde vervang word en dus teen dieselfde waarde verseker moet word.

ü  Maak seker dat jy nie onderverseker is nie. Vra jou makelaar vir ‘n inventaris vorm om sodoende seker te maak  dat al jou inhoud vir die regte bedrag verseker is.

ü  Onthou dat jy as klient altyd redelike voorsorg moet tref wanneer dit kom by die beveiliging van jou bates.

ü  Lees jou polisbewoording asook poloissekdule noukeurig deur, onthou dat hierdie twee hand aan hand loop.

ü  Hersien jou polis ten minste eenkeer ‘n jaar om seker te maak dat alle items wat verseker moet wees op jou polis verskyn.

ü  Onthou dat alle items wat met jou saamgedra kan word wanner jy die wonong verlaat , gespesifiseer moet wees om sodoende omvattende dekking te geniet, soos byvoorbeeld trapfietse, visgerei, brille, juwele, vuurwapens ens.

ü  Kyk na jou bybetalingstukture op elke afdeling, maak seker jy kan dit bekostig.

ü  Moet nooit iets uitlaat wat moontlik jou polis kan beinvloed wanner dit by eise stadium kom nie.

BELANGRIKE PUNTE WANNEER DIT KOM BY EISE!

«    Onthou dat jy slegs 30 dae het om ‘n eis aan te melt, maar dat jy dit so spoedig moontlik moet aan melt.

«    Jy as klient moet self die kwotasies vir die vervanging of herstelling van die items kry.

«    Eise kan op verskeie maniere geskik word: vervanging, herstelling, kontantskikking of ‘n kombinasie van die 3.

«    Ingeval van diefstal moet dit so spoedig moontlik by naaste polisiestasie aan gemelt word.

«    Sover moontlik moet kliente record hou van hulle besittings.

 VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL THEA OF MARISSA BY THEA DE MAKELAARS TELEFOON NOMMER: 018-632-5296