Vonkelvrou

Print
07
Oct

REHABLITASIE EN BIOKINETIKA!

Ek het vandag met Nolene van Niekerk gesels oor Rehablistasie en Biokinetika.

Nolene het vir my die volgende vra beantwoord.

Wanneer het ek rehabilitasie nodig?

$1·         Na beserings

$1·         Chroniese pyn

$1·         Na operasies

Jy kan ook ‘n biokinetikus gaan sien om die volgende toestande onder beheer te kry:

$1Ø  Cholesterol

$1Ø  Hoë bloeddruk

$1Ø  Diabetes

$1Ø  Hartsiektes

$1Ø  Asma

$1Ø  Oorgewig

As jy perdfris is kan jy ook die biokinetikus gaan sien om jou fiksheid te toets en om te kyk of jy nie iemand is wat dalk kan lei aan hartsiektes omdat jou heup-maag verhouding nie reg is nie.

Rehabilitasie kan solank vat soos wat dit die besering sal vat om te genees. Rehabilitasie is nodig om nie op jou oudag te sukkel met erger beserings omdat jy nie nou na jouself kyk nie.

Volgende week gesels ons weer oor leefstyl en gesond lewe.

Vir meer navrae kan u vir Nolene skakel by 0186320381.

UITDAGING VIR DIE WEEK!

“KNOW YOUR NUMBERS”

Cholesterol: moet minder as 5.2 wees.

Suiker: minder as 5.6

Bloeddruk: 110/70

Bmi: formule- gewig gedeel met jou lengte maal lengte, moet tussen 18.5 en 23 wees.

Heup-maag verhouding: smalste omtrek van maag gedeel deur breedste omtrek van heup/boude. ( voete moet teen mekaar wees)

Vrouens=0.8   Mans=0.95

LEKKER OEFEN!