Vonkelvrou

Print
21
Nov

IS OUD WORD TRAUMATIES VIR JOU?

Dr Tessa van Wyjk, Traumatoloog, gesels met ons oor die kwessie van oud word.

Hoekom is oud word so konfronterend? Almal wil jonk bly, want daar is iets aan die skoonheid van die jeug wat ons wil behou - fisies en emosioneel.  Dis ontstellend om jou eerste grys haar raak te sien, of die eerste plooie.  Alles begin hang, siektes word meer algemeen.  Die kwessie van finansies, onvervulde drome en mense begin vir jou "tannie" of "oom" noem.

Die ergste deel van oud word verskil van mens tot mens.  Niemand wil afhanklik wees nie en daar is 'n vrees vir die dood.  Spyt oor verspeelde kanse of verkeerde keuses kom voor.

Maak vrede met die kwessie van oud word.  Almal loop dieselfde pad.  Jy word rustiger, kyk anders na die lewe.  Jy hoef nie meer jouself te bewys nie en het met die jare wys geword.  Jy ervaar meer emosionele vryheid.  Jy vergewe ook makliker en besef dit is sinneloos om met wrokke rond te loop.

Oud word is onvermydelik, so doen dit met grasie!

Vir meer inligting en vir hulp en raad, kontak vir Dr Tessa van Wyjk - 082 804 9886.  Epos kan gestuur word aan doctessa@gmail.com.

Vrede vir jou!

ESTELLE