Vonkelvrou

Print
27
Oct

BEGINSELS VAN ONTWIKKELING VAN SELFBEHEER BY DIE KIND

Renee Buskop, Maatskaplike Werker en Spelterapeut is my altejeegas en ons gesels oor die BEGINSEL VAN DIE ONTWIKKELING VAN SELFBEHEER BY DIE KIND.

Die meeste kinders wil een of ander stadium in hulle lewens wegloop.  Hulle voel groot en sterk en sonder enige beperking.  Hulle selfversekerheid is oordrewe.  Hulle het nog nie die beginsel van selfbeheer geleer nie.

Jy as ouer het die taak om dit vir hulle te leer deur jou voorbeeld.  Pas jy selfbeheer toe of gooi jy gereeld jou poppe uit die kot?

Wees te alle tye in kontak met jou kind.  Empatie is belangrik as jy jou kind wil leer.  Hy mag kwaad word wanneer julle deur hierdie dinge werk, my hy moet weet jy is daar vir hom, self as julle verskil en jy vir hom grense moet stel.

Moenie 'n beherende ouer wees nie.  Help jou kinb om die beperkinge van sy beheer te aanvaar deur jou eie beperkinge te aanvaar. Moenie dat jou kind jou keuses beheer nie.  As hy 'n tantrum gooi, moenie jou besluit verander nie. 

Werk aan selfbeskikkingsreg van jou kind.  Help hom om meer onafhanklik te raak in sy besluitneming oor sy lewe deur deurlopend toepaslike besluite met hom te bespreek en sy opinie van waarde te ag.

Jou kind moet leiding kry van jou as ouer en beheer kan jou kind help of skade aanrig.  Hy het die krag nodig wat voortspruit uit 'n realistiese sin vir selfbeheer en moet leer om self besluit te neem, maar ook om met die resultate saam te kleef.  Leer hom dat God ook insette in ons lewens het.

Vir meer oor hierdie onderwerp en nog meer, kontak vir Renee: 083 967 7110.  Renee is ook baie nou betrokke by ouerleiding van bied ook klasse aan.  Sy het 'n passie vir kinders en doen berading en spelterapie asook berading vir volwassenes.

Mooi bly.

ESTELKLE