Vonkelvrou

Print
16
Oct

ONWEERSTAANBARE SJOKOLADE !!

Baie min mense kan nee se vir sjokolade.  Wat is lekkerder as heerlike sjokoladekoek, sjokolade-kaaskoek, sjokolade nagereg of 'n heerlike, sysagte, smullekker blok sjokolade! 

Ek deel graag met jou die volgende resep:

GEBAKTE SJOKOLADEFONDANT

 (met 'n ryk, sponsagtige buitekant en 'n sagte, taai binnekant)

50 g botter, 60 g donker sjokolade (nie baksjokolade nie, en verkieslik met 70% kakao) 1 eier, 1 eiergeel, 60 g strooisuiker, 60 g koekmeel, kakao vir strooi.

Voorverhit oond tot 180 C.  Smeer 4 klein ramekinbakkies met botter en bestrooi binne mildelik met kakaopoeier.  Smelt sjokolade en botter oor kookwater (dra sorg dat daar nie water in die sjokolade beland nie).  Laat afkoel tot lou. Klits intussen die eiers en suiker tot romerig en lig en klits sjokolade by.  Sif die meel by die mengsel en vou dit in.  Skep ewe veel deeg in bakkies en bak vir 15 minute.  Keer uit en bedien.  Versier soos verkies.

Lekker smul!

ESTELLE