Vonkelvrou

Print
14
Oct

SIMPTOME, OORSAAK EN EFFEK VAN STRESS

Dr Tessa van Wijk praat vandag met ons oor stress: die simptome, oorsake en effek wat dit in ons lewe het.

Stress is 'n normale fisiese reaksie op insidente wat 'n persoon bedreig laat voel of wat jou balans op een of ander manier versteur. Jou liggaam se beskerming skop in, (die veg-, vlug- of vriesreaksie), dus kan ons se stress is die liggaam se manier om jou te beskerm.  Stress gee jou ekstra energie.  Daar is 'n vrou wie se kind in 'n voertuig vasgekeer was wat die voertuig opgetel het om haar kind te bevry.  Stress verskerp jou konsentrasie sodat jy uitdagings die hoof kan bied.

Wanneer stress jou gesondheid negatief affekteer, jou produktiwiteit aan bande le en jou kwaliteit van lewe sleg beinvloed, dan is dit negatiewe stress.

Sompotome van negatiewe stress is hartprobleme, ooreet, slaap sleg, konstipasie en verteringsprobleme, depressie, ekseem, kort van draad, jy voel oorweldig, verlies aan libido.

Die 10 hoogste  stressvolle gebeurtenisse in mens se lewe is o.a. die dood van 'n geliefde, egskeiding, verhuising, dood van familielid, tronkstraf, finansies, werkstress bv afdanking, aftrede.

Nie alle stress word deur eksterne faktore veroorsaak nie, dit kan ook intern wees, bv. menopouse, probleem met jou selfbeeld, onsekerheid oor die toekoms, onrealistiese verwagtinge, perfeksionisme, negatiewe selfdialoog, kan nie nee se nie.

Hoe hanteer mens stress?  Identifiseer jou probleem, evalueer jou stress deur te kyk wat jyself daaraan kan doen, gaan vir 'n mediese ondersoek en vind maniere van stressontlading.

Gaan gesels met 'n professionele persoon en vra raad.  Daar is hulp. Moenie dat stress jou onderkry nie.

Dr Tessa van Wijk se kontaknr is 082 804 9886.

Mooi bly.

ESTELLE