Vonkelvrou

Print
21
Aug

MINDERWAARDIGE VROU, ONGEAG ...

Vandag se VONKELVROU het gehandel oor: VROUENS WAT MOOI KLERE EN DUUR JUWELE GEBRUIK OM MINDERWAARDIGHEID WEG TE STEEK.

Dr Tessa van Wyjk het gepraat oor die feit dat BAIE vroue, ongeag skoonheid, besittings of aardse skatte, aan geweldige minderwaardigheid ly.  Wanneer al bg weggeneem word, bly daar net 'n onseker en minderwaardige vrou oor.  Baie vroue skuil agter  hulle eggenoot se sukses en dra die swaar las van verwonding en onsekerheid vir jare saam met hulle, 'n geheim waarvan net hulle bewus is.

Waar word 'n mens se eiewaarde gevorm? Van voor geboorte af.  Die baba voel sy mamma se emosies aan en dit word deel van hom.  Voorgeboortelike verwerping vorm 'n integrale deel van menswees.  Jou eiewaarde word ook gevorm op skool, wat ander van jou se, hoe geliefd of aanvaarbaar jy voel en wat jy van jouself dink.

Onthou egter altyd dat elke mens uniek geskape is.  Jy as vrou is baie spesiaal met eienskappe wat eie aan jou is.  Moenie in die leuen inkoop dat jy geen waarde het nie.  Koester jou vrouwees, koester jou eie waarde, dit wat GOD jou gemaak het om te wees.  Wees die beste wat jy kan wees en maak vrede met die feit dat jy nie volmaak is nie, GEEN mens is volmaak nie.  Ons almal het foute en gebreke, maar wees lief vir jouself en dra dit oor aan jou kinders. 

JY is spesiaal!

Vir meer inligting oor bg onderwerp of indien jy met Dr Tessa wil gesels: 082 804 9886 of stuur vir haar 'n epos www.doctessa@gmail.com

Tot volgende keer

ESTELLE