Vonkelvrou

Print
21
Aug

EET VEGETARIES

Die volgende 2 weke gaan Ari Welman en ek, Estelle Swanepoel, vegetariese resepte met jou deel.  Ons gaan ook kyk na voedselintallerasie-resepte en resepte vir diabete.  Luister na VONKELVROU om 09.00 vm elke dag op die senders van LICHVAAL STEREO 92.6 fm, en onthou Dinsdae is kosmaakdag.

SAMPIOENE MET PARMESAAN-POLENTA

200 ml gougaar-polenta, 80 ml botter, 1 ui, dun skyfies gesny, 2 knoffelhuisies fyngedruk, 750 gr sampioene gesny, 50 ml parmesaankaas gerasper, skaafsels parmesaankaas om voor te sit, olyfolie vir oordrup, 'n takkie pietersielie vir garnering.

Maak polenta gaar volgens aanwysings op pakkie.  Sit deksel op en hou op baie lae hitte.  Verhit botter in pan en voeg ui en knoffel by.  Soteer 3 min lank.   Voeg sampioene by en soteer 5 - 8 minute tot amper sag.  Geur, sit deksel op en laat 5 minute saggies prut.  Indien polenta te dik is, voeg bietjie kookwater by en roer goed.  Roer res van botter en kaas by.  Bedien met parmesaanskaafsels en pietersielie.  Jy kan ekstra olyfolie bo-oor drup.

Geniet!

ESTELLE