Vonkelvrou

Print
13
Aug

WEER VLEIS!!

Die laaste deel van ons vleisprogram.  EK deel met jou 'n heerlike en maklike vleisbroodjie. 

125 ml bruinrys, 1 ui gerasper, 500 gr maalvleis, 1 groot wortel fyn gerasper, 4 pikantrissies fyn gekap, 1 wiel fetakaas gekrummel, 30 ml tamatiesous, 15 ml worcestersous, 1 groot eier geklits, 30 ml vars gekapte pietersielie, 500 ml kersietamaties.

Kook rys tot gaar.  Voorverhit oond tot 200 C.  Smeer broodpan van 10 cm x 20 cm en voer uit met bakpapier, laat kante oorhang.  Meng al die bestanddele saam behalwe kersietamaties.  Skep in broodpan en druk baie goed vas, bedek met foelie en bak 60 min tot ferm.  Laat staan 10 minute. Braai tamaties is pan, strooi sout en peper op en skep bo-op vleisbroodjie.  Bedien met kapokaartappels.

Die broodjie vries uitstekend.  Jy kan dit ook in individuele porsies (snytjies) vries vir latere gebruik.

Lekker kook!

ESTELLE