Vonkelvrou

Print
12
Aug

OPSTAAN NA VAL

Past Dawie Senekal van die Christen Lewe Gemeente is saam met my aan die woord, en die tema is iets waarvan geen mens kan ontkom nie.  Hoe staan jy op as jy geval het?

Die grootste fout wat mense maak is om te dink hulle kan op hulle eie krag staatmaak en opstaan.  Dis 'n onbegaanbare taak en jy moet jou afhanklikheid van God besef.  Dis baie belangrik om jouself te vergewe en ander te vergewe.  Dalk sukkel jy met selfvergifnis.   Onthou dat God vergewe as jy opreg voor Hom staan en dus moet jy jouself kan vergewe.  Jy voel dalk baie onwaardig en dis moeilik om jouself te vergewe.  Maar dis iets wat jy moet doen, net soos wat jy ander moet vergewe.  Moenie jouself as 'n mislukking beskou nie.  Die Here het 'n plan en doel vir jou lewe.

In Matt 18 lees ons van vergifnis, Jesus stel self die voorbeeld.  Ons almal het gesondig, ons almal doen elke dag dinge wat nie reg is nie, al is dit net 'n verkeerde gedagte.  Deur Jesus se voorbeeld in die WOORD word ons geleer om te vergewe en vry te spreek.  Deur Sy bloed en kruisdood het Hy dit moontlik gemaak dat ons vergewe word. 

Jy wil dalk met iemand gesels oor bg onderwerp of oor dinge wat jou pla.  Past Dawie Senekal se kontaknr is 083 287 0107.

Seen vir jou.

ESTELLE