Vonkelvrou

Print
12
Aug

VROUEREGTE

Vrydag, 9 Augustus 2013 is Vrouedag.  Met dit ingedagte, praat Dr Tessa van Wyk vandag met ons oonr Vroueregte.

Wat is Vroueregte? Polities gesien is Vroueregte se definisie die poging om gelyke regte vir vrouens te verseker en om die geslagsdiskriminasie van die wet, institusies en gedragspatrone te verander.  Die Vroueregte-beweging het jare terug begin op aanvraag van sekere vroue vir die reg om te stem en vir dieselfde wetlike regte as mans.  Die regte soos respek in die werksplek, dieselfde salaris vir dieselfde werk en die reg om eiendom te besit.  Dit word ook verder geneem na die vrou se reg om haar gesin se grootte te beheer en self daaroor te besluit.

Oor die jare heen word daar verwys na die vrou as die swakker geslag.  Fisies is ons die swakker geslag, maar oor die jare heen is daar ingekoop in die leuen as die swakker geslag en dat jy as vrou nie regte het nie.  Die vrou moet altyd stilbly en haar man se mishandeling en haar verontregting hanteer.  Die vrou moet die man altyd tevrede stel en aan sy vereistes voldoen.  Dit het in baie gevalle daartoe gelei dat die vrou geen stem gehad het nie en net harder moes werk om sy goedkeuring te kry.

Baie vroue glo steeds so vandag maar baie vroue het daarteen begin opstaan.  Die vrou het 'n reg tot haar eie lewe en dit moet erken word.  Jy as vrou het die reg om vervuld te wees en God se plan vir jou uit te leef.  Jy MAG voluit lewe.  Jy MAG droom en besef God het 'n plan vir jou. Jy het bestaansreg, begin jouself waardeer en bederf jouself so af en toe.  Neem jou lewe terug en wees getrou aan jouself en aan God. Leef jou passie uit.

GENIET jou vrouwees.

Dr Tessa van Wyk se kontaknr is 082 804 9886.

Mooi bly

ESTELLE