Vonkelvrou

Print
17
Jul

DISFUNKSIONEEL OF ONGESKIK?

Dr Tessa van Wyk het vandag met ons gesels oor disfunksionele- en ongeskikte gedrag.  Wat is disfuksionele gedrag? Dit kan gedefineer word as 'n gedrasg was onwelvoeglike aksies of reaksies het.  Dit gaan gewoonlik saam met 'n kognitiewe beskadiging (negatiewe of verkeerde denke).  Dit weerhou ook 'n persoon daarvan om normaal deel te neem aan elke dag se sosiale verhoudings, kan nie 'n werk hou nie en is onproduktief.

Tipiese disfunksionele gedrag sluit in gemoedsverandering (mood swings) fisiese aanranding, manupilasie, verkleinering, lag vir iemand in sy gesig, blameer ander, noem name, valse beskuldigings, afpersing, histerie, beheervraat, stilstuipe en sny iemand doelbewus uit geselskap.

Ongeskikte gedrag is om onbeskaaf te wees, mense te beledig, ongemanierd en onplesierig.  Dit is ook moedswillig, die hele tyd op die aanval en gevaarlik.  Tipiese ongeskikte gedrag is blameer almal (dit-is-nie-my-fout-nie-sindroom) passief aggresief, woedeuitbarstings, lag vir iemand in die publiek, manupilasie, impulsief, histeries, afpersing, valse beskuldigings, verkleineer, saboteer en fisiese aanranding.

Onwelvoeglike gedrag (veral in skole) word gedefinieer as slaan, skop, krap, kopstamp, knyp, byt, rond stamp, voorwerpe na iemand te gooi, hare trek en spoeg opmekaar.  Hierdie gedrag vind ons ook by grootmense in die werksplek, in die publiek en onder mekaar.

Die norm is om ordentlik, gaaf en beskaaf te wees.  Dit is om aangenaam en tegemoedkomend op te tree al is die situasie negatief (bv in 'n lang ry in die bank).

Dit is baie belangrik om mekaar in ag te neem, elke situasie na beste van jou vermoe te hanteer en ook 'n goeie voorbeeld vir jou kinders te stel.  Plaas jou in 'n ander persoon se situasie voordat jy volgende keer jou humeur verloor of onbeheerbaar optree.  Ons is almal menslik en maak foute, kom ons neem mekaar in ag en neem verantwoordelikheid vir ons optrede.

Mooi bly

ESTELLE