Vonkelvrou

Print
16
Jul

HEERLIKE GEELWORTELS

Die nederige geelwortel wat soms oor die hoof gesien word, is 'n groentesoort  propvol vitamiene en minerale en ook baie vesel.  Vitamiene A, C, Vitamien K, B1, B3, B6, fosfor, potassium en vesel is van die voedingstowwe wat in geelwortels is.  In plaas van 'n soetkoekie of lekker, gee jou kinders geelwortels om aan te peusel, dis 'n baie waardevolle plaasvervanger.

Ek deel met jou 'n resep vir 'n smaaklike wortelgereg.

WORTELPASTEI

 500 ml gerasperde geelwortels, 2 eiers, 24 ml suiker, 25 ml botter, 80 ml melk, 250 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 250 ml sultanas.

Klop botter en eiers saam. Voeg melk, meel en bakpoeier by. Roer wortels en sultanas in. Bak in gesmeerde glasbak vir 60 min teen 180 gr C.

GEELWORTELKOEKIES

 500 gr geelwortels, 1 ekstra groot eier, 30 gr korente of sultanas, 125 mk koekmeel, 5 ml bakpoeier, 1 ml sout, olie vir  vlakbraai.

Skil wortels en kook gaar.  Maak fyn, laat effens afkoel en voeg eier en orente by.  Sif koekmeel, bakpoeier en soiut by. Meng goed en skep teelepels vol in vlak, matige olie tot gaar aan beide kante.  Dreineer op kombuispapier, strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.

Onthou: moenie vergeet om geelwortels in jou kruideniersmandjie te pak nie.

Liefde

ESTELLE