Vonkelvrou

Print
03
Jul

DIE TRAUMA VAN EPILEPSIE-LYER

Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog, het vandag gepraat oor die trauma van 'n epilepsielyer.

Epilepsie is 'n breinwanfunksie wat onbeheerbaar is, maar wat bestuur kan word met die geskikte medikasie.  Die algemene gevoelens wat 'n epilepsielyer ervaar is baie keer angs, vrees omdat hy nie weet wanneer die volgende toeval gaan plaasvind nie, 'n gevoel van minderwaardigheid, lae selfbeeld, gevoelens van isolasie en om nie aanvaarbaar te wees nie.

Die vrees om weer 'n aanval te kry kan sekere emosionele en gedragsprobleme veroorsaak.  In sekere kulture, en ook in die tyd van geweldige onkunde oor epilepsie, is daar gemeen dat dit 'n demoniese aanval is en letterlik gate in die lyer se skedel geboor om die demoon te laat uitkom. Vandag weet ons egter dis 'n mediese toestand en die lyer het geen beheer oor wat tydens 'n toeval gebeur nie.  Daar is gevalle aangeteken waar lyers in vuur geval het of ernstige brandwonde opgedoen het met kookwater.   Die lyer en sy familie moet hulle self bemagtig met die nodige kennis om te weet hoe om op te tree en wat om te doen tydens 'n toeval.

Baie belangrik vir die lyer is om nie homself te meet aan die siekte nie, maar om die siekte te aanvaar en te bestuur.  Die lyer moet homself nog steeds kan uitleef en sy talente gebruik en die lewe leef, ondanks die siekte.  Die epilepsielyer is geensins minder mens nie, en moet dit besef.

Vat jou lewe terug, bemagtig jouself en jou geliefdes met die nodige kennis en neem 'n wilsbesluit om die lewe vierkant in die oe te kyk en jou siekte te bestuur.

Indien jy vir Dr TESSA VAN WYK wil kontak, haar nommer is 0828049886.

Mooi bly

ESTELLE