Vonkelvrou

Print
12
Jun

TELEURSTELLING IN 'N VERHOUDING

Dr Tessa vabn Wyk het met ons vandag gepraat oor WAT DOEN TELEURSTELLING AAN 'N VERHOUDING.

Teleurstelling is om te misluk in die vervulling of die uitvoer van 'n verwagting of hoop wat daar gestel is, dit gaan baie saam met woede en frustrasie en maak jou baie keer kwaad vir jouself. Teleurstelling is dus nie soseer 'n gebeurtenis nie, maar eerder ons interpretasie van 'n gebeurtenis. Daar is verskillende tipes teleurstellings en die intensiteit van ervaring verskil ook.

Wanneer ons binne die konteks van 'n verhouding teleurstelling ervaar, begin ons kyk na baie ernstige emosionele pyn en verwarring, ontmoediging, bitterheid, woede, twyfel en vrees.  Die meeste van die tyd word teleurstelling persoonlik aangetrek, jy vind fout by jouself.  Teleurstelling kan ook verrykende en langblywende gevolge he, juis omrede ons verkeerde interpretasies maak.

Om teleurstelling te deel is om te leer om met ander mense en jou eie swakhede te deel. Jy moet buigbaarheid en geduld aanleer. Jy moet jou ingesteldheid verander en sodoende sal jou las van teleurstelling minder word.

Maak nie saak wat jy doen nie, jy gaan erens in jou lewe teleurstelling ervaar.  Moenie skuldig voel nie, verwelkom  uitdagings en fokus op probleemoplossing. Laat vaar die perfekte prentjie, dit bestaan nie.  Leer geduld en besef ons seeninge kom dikwels in die vorm van pyn, verlies en teleurstelling.

Kontak vir Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog: 082 804 9886

Mooi bly

ESTELLE