Vonkelvrou

Print
01
Jun

KOSBARE ONTHOU-OOMBLIKKE

Onthou jy ... wat onthou jy?  Wanneer jy terug dink aan jou grootworddae, wat is jou duidelikste beeld of gebeurtenis?  Laat dit jou goed voel of kry jy 'n beklemming om jou hart?

WAT gaan jou KIND onthou wanneer hy groot is?  Wat plaas jy is sy skatkis van onthou?  Het jy geweet dat mense onbewustelik herinneringe al van moederskoot af het?  Wanneer 'n baba 'n traumatiese geboorte gehad het, kan dit 'n rol speel in sy volwasse lewe.  Jou kind begin van ongeveer 2 jaar bewustelik onthou.  Navorsers het gebind die vermoe om kinderherinneringe so goed vas te le dat jy dit as volwassene kan herroep, hang af van hoer goed vaardighede soos aandag, denke en taal baasgeraak kan word (Baba en Kleuter  Nov 2011).

Jou rol as ouer is uiters belangrik in jou kind se lewe.  Hoe gelukkig jou kind eendag gaan wees, hang baie af van wat in sy eerste 3 jaar gebeur se dr Pierre van der Spuy.  Herinneringe aan 'n positiewe verhouding tussen ouer en kind is gekoppel aan minder hartseer, bekommernis en rusteloosheid en 'n kleiner gevoel van waardeloosheid.  Die teendeel is ook baie waar: verwaarloos jou kind en die gevoel van minderwaardigheid, ongeliefd en stukkende menseverhoudings seevier.

Ek dink nie ouers besef die groot rol wat hulle in hul kinders se lewens speel nie.  Streef na 'n positiewe verhouding met jou kind, gee baie liefde en aandag, stimuleer jou kind om die beste in homself na vore te bring en wees vir hom 'n voorbeeld.

Ons kinders is aan ons geleen, kosbare geskenke uit God se hand.  Wees 'n waardige pappa en mamma, jou kind moet trots wees op jou en jy op hom.  En vra GOD se genade om hierdie geweldige taak suksesvol te kan voltooi.

Wees BAIE lief vir mekaar.