Vonkelvrou

Print
30
May

HOERA!! VIR KRUIE!!

Een van die grootste lekkerstes in die lewe is om jou eie kruietuin te he!  Die satisfaksie wat in die pluk van jou eie kruie en groente opgesluit le, is onbeskryflik.  Nog beter is wanneer jy iets met hierdie produkte van jou maak, by heerlike potpourrii, dit mooi verpak en as geskenk gee of dit in jou eie huis gebruik.

Jou eerste stap is om aromatiese kruie te plant.  Dink aan basiliekruid, bergamot, salie, laventel, kamille dan is daar marjolein en die groot verskeidenheid ment.  Jou plaaslike kwekery sal jou daarmee kan help.  Vind ook uit watter seisoen jy sekere kruie kan plant.  Jy weet dit dalk nie, maar kruie is maklike groeiers en beloon jou gul.  Vir heerlike aroma is daar ook nog die pynappelsalie, roosmaryn, sitroenverbena, viooltjies en rose.

Mag jy ook die wonder van die natuur in jou eie kruietuin ervaar!

ESTELLE