Vonkelvrou

Print
29
May

TRAUMA EN VERLIES

Dr Tessa van Wyk, Traumatoloog, het vandag met ons gedeel wat gebeur wanneer iemand 'n traumatiese insident beleef - die verlies wat ervaar word.  Hoe ervaar mens verlies en watter tipe verlies is ter sprake?

Verlies vanwee dood, egskeiding, aardse besittings is nie al maniere waarop verlies ervaar word nie. Werksverlies, verslawing, menswaardigheid, verlies aan selfrespek en ook die verlies van onskuld tydens en na 'n molestering.

Wanneer jy 'n verlies ervaar, voel dit soms jy sal nooit weer jouself kan wees nie.  Dit is nie waar nie.  Identifiseer jou verlies, erken wat met jou gebeur het en vra jouself watter leemte het hierdie verlies in jou gelaat.  Kyk na maniere om hierdie leemste konstruktief te vul, bv wat kan jy doen om jouself te versterk en op te bou en te vervul sonder jou eggenoot.  Laat gaan dit wat jy verloor het.  Jou konneksie met jou werklike self en God word herstel en so neem jy jou regmatige outoriteit in die lewe terug.

Mense wat na 'n verlies en na trauma kan aangaan is die mense wat:

kan self reflekteer, m a w hulle kyk na hulle eie emosionele pyn en erken dit;

gun hulself hospitaaltyd (genesing)

spoeg die pyn uit, m a w hulle raak ontslae van die seer deur daaroor te skryf of te praat;

hulle vind betekenis is hulle pyn en

gebruik die emosionele pyn om verder te groei.

Ek moedig jou aan om te werk aan jou genesingsproses.  Indien jy vir Dr Tessa van Wyk wil kontak, 082 804 9886.

Baie sterkte op jou genesingspad.

ESTELLE